Innibos

Aktuele Gesprekke

Praktiese Klankskool met RSG by Innibos

Praktiese Klankskool met RSG by Innibos Aanbieders: Kobus Burger & Estel de Beer Sluit aan by RSG se opwindende klankskool, ‘n unieke ervaring vir oud en jonk waar ons die krag en kreatiwiteit van klank gaan illustreer. Hierdie praktiese werksessie sal jou anders laat dink oor hoe klank jou verbeelding kan prikkel en stories tot lewe bring. 30 minute van klankverwondering– ‘n verkenning van verskeie aspekte van klank: Hoe klank ‘n storie tydloos maak. Die rol van klank in persoonlike en kreatiewe groei. Hoekom klank ‘n bekostigbare en toeganklike medium is, selfs as jy jou eie potgooi wil skep. 30 minute demonstrasie – Kyk en luister hoe klank werklik werk met interaktiewe voorbeelde: ‘n Boekvoorlesing wat woorde tot lewe bring. Die uitdaging van lomp sinne en hoe dit verbeter kan word. Die krag van klankdrama in aksie. Kom toets jou stem! – Doen ‘n praktiese stemtoets en ontdek jou eie stemvaardighede. As jy ‘n aspirant-omroeper, stemkunstenaar, ‘n storieverteller, of net ‘n klankliefhebber is, hierdie werksessie bied ‘n dinamiese en interaktiewe geleentheid om die wonders van klank eerstehands te ervaar. Kom leer, luister en eksperimenteer met klank saam met RSG se kenners! Beperkte plekke beskikbaar. SMS Klankskool, jou naam en van na 082 879 9333 as jy dit wil bywoon. Jy sal dan in kennis gestel word as daar nog plek is. Produksie Inligting Plek: Innibos Feesterrein by Hoërskool Bergvlam – Klas G3 ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Praktiese Klankskool met RSG by Innibos Read More »

RSG-Lekkertes

RSG-Lekkertes RSG saai vanjaar van die Innibos Feesterrein by Hoërskool Bergvlam uit. Kom luister en gesels saam met Eloise Cupido Donderdag en Vrydag tussen 10:00 en 11:30 by die ATKV-Boeke-oase en kom maak Willem Pelser se Spitstyd tussen 15:00 en 17:00 mee. Saterdag is daar ’n spesiale RSG-Leefstyl uitsending van 10:00 tot 12:00 met Sue Pyler-Slabbert. Donderdag 3 Julie 10:00 tot 11:30 RSG Regstreekste uitsending: Intussen met Eloise Cupido 15:00 tot 17:00 RSG Regstreekste uitsending: Spitstyd met Willem Pelser Vrydag 4 Julie 10:00 tot 11:30 RSG Regstreekste uitsending: Intussen met Eloise Cupido 15:00 tot 17:00 RSG Regstreekste uitsending: Spitstyd met Willem Pelser Saterdag 5 Julie 10:00 tot 12:00 RSG Spesiale Leefstyl-uitsending met Sue Pyler-Slabbert. Produksie Inligting Plek: Innibos Feesterrein by Hoërskool Bergvlam Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

RSG-Lekkertes Read More »

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma ‘n Hartsgesprek gebeur oor ‘n koppie tee. Hierdie gewilde kykNET-program Koppieteefontein is al in sy 7de seisoen en steeds is die kykers gek daarna. Nou kan feesgangers eerstehands ervaar hoe daar oor ‘n koppie tee uit Jak de Priester se pragtige teepotte gekuier word. Hy gesels met Glam Guru se Hannon Bothma. Om na foto’s te kyk wat deur die loop van die gas se lewe geneem is, maak hierdie onderhoudvoering nog meer spesiaal. “Om met ’n koppie in die hand tee te kuier, kom ‘n mens werklik by die ware emosies en gevoelens van die gas uit,” sê Jak. Die interessante unieke teepotte wat Jak aan die einde van elke program aan sy gaste gee, gaan ook by Innibos uitgestal en te koop aangebied word. Kom loer in by Koppieteefontein by die ATKV-Boeke-oase waar ons lief is vir Afrikaans en kuns en kultuur, waar jy kan koop en kuier en lekkerkry en dalk net nuwe vriende maak. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma Read More »

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid Gesprekleier: Annemarie van der Walt ’n Boek is vir die siel soos wat ’n slypsteen vir ’n swaard is. Innibos vereer vanjaar geliefde skrywer, Dana Snyman. Hy noem homself ‘n storiesmous, maar is veel meer – hy skryf rubrieke, kortverhale, eenmanvertonings, romans en het selfs sy eie televisiereekds gehad. Dana Snyman is volksbesit en sy skryfwerk is toeganklik vir die breë publiek. ‘n Hele program met Wilhelm van der Walt, Lizanne Barnard, Adam Helberg, Stephanie Baartman en Eugené Wait is rondom sy skryfwerk opgestel en dit is waarmee Innibos wil sê: Dankie, Dana, vir al die genot wat jou skryfwerk die leser oor die jare verskaf het. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid Read More »

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Annemarie van der Walt Tussen die mooi landskappe van Caledon ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik op 7 Augustus 2024, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, ondersoek die gebeure wat gelei het tot dié tragedie en die drie kinderslagoffers wat deur die stelsel gefaal is: Die 17-jarige seun, wat vier jaar tevore aangekla is van die verkragting van ’n 11-jarige meisie; hierdie getraumatiseerde meisie, wat moes toekyk toe die seun steeds aan sy ouers se toesig oorgelaat word sonder enige staatsintervensie; en Deveney, wat hy vermoor het by sy nuwe skool, waar niemand van sy verlede geweet het nie. As misdaadverslaggewer vir Rapport, het Julian Jansen van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie, om die gebeure te rekonstrueer en om die vermoorde Deveney Nel te eer. Kom luister na hierdie bekroonde ondersoekende joernalis se insig oor moordsake en waarom daar so baie moorde op Stellenbosch is. Hy is die skrywer van die topverkoperboeke Die De Zalze-moorde, Seuns sonder pa’s en Moord op Stellenbosch. Hy woon in Strand, Kaapstad. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel Read More »

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Hancu Louw ’n Jong man, pas afgestudeer, begin sy loopbaan by ’n kleinerige apteek in Bloemfontein. Maar hy is gou ontnugter met sy lot – is hierdie sinlose bestaan al wat vir hom voorlê vir die volgende sestig jaar? Wanneer hy toevallig afkom op die geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas À Kempis, begin hy eensklaps droom oor ’n asketiese lewe as monnik, iewers verafgeleë en afgesonder – weg van geldmaak en ambisie. Op die vooraand van sy reis na ’n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het ’n verlangse oom wat self ’n Katolieke priester geword het, wat nou as afgetredene woon in die hartjie van Parys. So begin ’n kosbare vriendskap tussen ’n bejaarde pater in Parys en ’n ietwat verlore siel uit die Vrystaat. Dit is ’n teer roman oor die soeke na identiteit, na vrede en betekenis, maar bowenal oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu Read More »

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Sanett Oosthuizen Maklik met Marinda bevat nostalgiese huiskos, sonder fieterjasies of vreemde bestanddele wat jy in ’n japtrap kan berei. Al die immergroen gunstelinge vir skaap- en beesvleis, hoender, vis, vark, brood, rys, randrekkerpastas, sappige bykosse, soettandgenot en gebottelde slaaie, souse en konfyte is daar. Die staatmakerresepte is in doodeenvoudige stappe vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik. Marinda is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ’n bietjie kleur voorgesit word. Sy was die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147. Dit is haar vierde kookboek dié. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda Read More »

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Sanett Oosthuizen Francois van Coke, die voorsanger van die omstrede rockgroep Fokofpolisiekar, vertel in hierdie biografie in sy eie stem aan Annie Klopper die gebeure wat hom oor die jare as mens en musikant gevorm het. Sy stories is by tye skreeusnaaks, ander kere verstommend, skokkend of indrukwekkend. Dit vermaak en ontroer. Francois se perspektief op alles word gebied: van die Eisteddfodbeoordelaars wat hom op die ouderdom van ses ’n “streep” vir sy sang gegee het – nie eens eervolle vermelding nie – tot sy opgang in Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, sy deurbraak as solokunstenaar met die liedjie Toe vind ek jou en sy rol as afrigter op The Voice. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies en vuisgevegte, bedwelmde aande, desperate dae, nagte in tronkselle, detoks en soberheid. Daar is ook sy groot liefde, Lauren, en die geboorte van sy kinders wat sy lewe verander het. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou. Annie Klopper is ʼn skrywer, taalpraktisyn en oud-musiekjoernalis. In 2011 het sy Biografie van ʼn Bende oor die rockgroep Fokofpolisiekar vrygestel. Daarna het sy ʼn doktorale studie oor Afrikaanse rap-musiek voltooi. Haar gedigte verskyn in verskeie publikasies. Haar roman, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, is in ’n fliek omskep. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou Read More »

Elize Parker – Waar doringbome sing

Elize Parker – Waar doringbome sing uitgegee deur Penguin Gesprekleier: Annemarie van der Walt. Die Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na onlangse gebeure … Lenore worstel met verlies en haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating verder verdiep. Bella, wat jonk al wees gelaat is, begeer ’n familie van haar eie en jaag die ideaal van ’n familie na, maar miskien is daar tog ’n kring liefde vir haar bedoel al lyk dit anders as haar verwagtinge. Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar geestelike toewyding dat sy nie besef haar sendelingbestaan het ’n selfopgelegde prys geëis nie. Miskien lê die antwoorde op haar grootwordplaas … Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Elize Parker – Waar doringbome sing Read More »

Scroll to Top