fbpx

Innibos

Multiracial group of happy festival goers taking selfie with mobile phone.

Inklusiwiteit

Innibosverklaring

Innibosverklaring oor diversiteit en inklusiwiteit.

Die Feesteforum, waarvan Innibos ʼn lid is, verstaan en erken dat sistemiese rassisme en diskriminasie bestaan en dat dit op komplekse wyses uitspeel in die samelewing. Dit is inherent deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en raak byna alle gemeenskappe op makro- en mikrovlak. Kunstefeeste speel ʼn belangrike rol in die poging om hierdie ongelykhede, marginalisasies en onderdrukking van sekere groepe, aan te spreek. Dit deel van Innibos se missie om kunstenaars en gehore byeen te bring om oop en kreatiewe platforms te skep vir vrye en diverse artistieke uitdrukking. Ons is verbind tot inklusiewe programmering en die aanbied van werk wat die stories van verskeie gemeenskappe vertel en ook die skep van geleentheid vir diskoers wat die gebreke aanspreek. Daarom is ons verder verbind tot die ontwikkeling van gehore wat inklusiwiteit en diversiteit as prioriteite beskou. Innibos nooi feesgangers uit om hierdie waardes te omarm en by ons aan te sluit in die stryd teen ongelykheid en rassisme. Saam bou ons ʼn gemeenskap van sosiale kohesie wat verskille omarm en daardeur mekaar vier. Soos die kunste vir ons die weg aanwys.

Scroll to Top