Innibos

Stop en Hop

27 tot 30 Junie 2024

Stop en Hop

Hierdie gerieflike diens sal vanjaar weer vanaf I’langa Mall beskikbaar wees om feesgangers sonder moeite en parkeerprobleme na en van die feesterrein te vervoer. Feesgangers kan gratis by I’langa Mall parkeer. Daar is elke 30 minute ’n bussie wat van hier af na die feesterrein toe vertrek en daar is natuurlik ook elke halfuur ’n bus beskikbaar om feesgangers van die feesterrein af terug te neem na hulle motors. Saans ná die Hoofverhoogkonserte is daar baie busse beskikbaar sodat niemand lank hoef te wag nie. Volg die duidelike aanwysings by I’langa Mall en die feesterrein.

Die Innibos Stop-en-hop was nog altyd ’n voltreffer en feesgangers kan gerus van hierdie gratis diens gebruik maak.

Multiracial friends taking selfie with a smartphone while riding a bus in the city
Scroll to Top