
Praktiese Klankskool met RSG by Innibos
Aanbieders: Kobus Burger & Estel de Beer
Sluit aan by RSG se opwindende klankskool, ‘n unieke ervaring vir oud en jonk waar ons die krag en kreatiwiteit van klank gaan illustreer. Hierdie praktiese werksessie sal jou anders laat dink oor hoe klank jou verbeelding kan prikkel en stories tot lewe bring.
30 minute van klankverwondering– ‘n verkenning van verskeie aspekte van klank:
- Hoe klank ‘n storie tydloos maak.
- Die rol van klank in persoonlike en kreatiewe groei.
- Hoekom klank ‘n bekostigbare en toeganklike medium is, selfs as jy jou eie potgooi wil skep.
30 minute demonstrasie – Kyk en luister hoe klank werklik werk met interaktiewe voorbeelde:
- ‘n Boekvoorlesing wat woorde tot lewe bring.
- Die uitdaging van lomp sinne en hoe dit verbeter kan word.
- Die krag van klankdrama in aksie.
Kom toets jou stem! – Doen ‘n praktiese stemtoets en ontdek jou eie stemvaardighede.
As jy ‘n aspirant-omroeper, stemkunstenaar, ‘n storieverteller, of net ‘n klankliefhebber is, hierdie werksessie bied ‘n dinamiese en interaktiewe geleentheid om die wonders van klank eerstehands te ervaar. Kom leer, luister en eksperimenteer met klank saam met RSG se kenners! Beperkte plekke beskikbaar.
SMS Klankskool, jou naam en van na 082 879 9333 as jy dit wil bywoon. Jy sal dan in kennis gestel word as daar nog plek is.
Produksie Inligting
Plek: Innibos Feesterrein by Hoërskool Bergvlam – Klas G3 ATKV-Boeke-oase
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.
