Innibos

Nuus

Innibos Feesdigter Johan Myburg

Innibos Feesdigter Johan Myburg Johan Myburg is op 17 Julie 1957 in Pietersburg (vandag Polokwane) in Limpopo gebore. Johan bring sy studentejare deur op Potchefstroom, waar hy in die teologie studeer het. In 2000 het hy ‘n doktorsgraad aan Unisa behaal. Sy eerste digbundel, Vlugskrif, is in 1984 deur Perskor gepubliseer. Dit het Johan ’n tien jaar geneem voordat sy tweede digbundel, Kontrafak, in 1994 by Human & Rousseau uitgegee is. Met hierdie bundel het hy die resensente aan die praat gesit en ook die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1995 verower. “Ek sien letterkunde as deel van die kunste. Die visuele kunste, musiek, verse, drama, ballet, dans, noem maar op, dit is alles een groot manier van uiting. In 2008, ná veertien jaar van digterlike stilte, word Johan se derde bundel, Kamermusiek, by LAPA Uitgewers gepubliseer. As daar na die titels van sy bundels en gedigte gekyk word, is dit duidelik dat musiek ’n groot rol in Johan Myburg se lewe en digkuns speel. “Daar is in woorde ’n ongelooflike musikaliteit. En musiek is vir my belangrik,” vertel Johan. In 2017 verskyn Johan Myburg se vierde digbundel Uittogboek wat met groot genot op grond van klank- en woordspel en die betowering van beelde geniet word. Volgens Joan Hambidge is Uittogboek ’n komplekse bundel wat handel oor die geskiedenis, ver en naby, en die programgedig is ’n herdigting van die bekende sterfgedig van die Romeinse keiser Hadrianus. Nie net is Uittogboek in 2018 die wenner van die ATKV-Woordveertjie vir poësie nie, maar in 2020 vrower Johan ook die Hertzogprys vir poësie. Sy jongste bundel, Narreskip, verskyn in 2022 by Protea Boekhuis. Johan sê: “Woorde moet ’n mens steeds versigtig kies, maar ek dink luister raak ’n groter noodsaaklikheid. My geslag veral, neem aan ons weet. Ek dink ons moet minder dawer en meer luister. Johan het spesiaal vir Innibos ʼn gedig rondom die tema Feesmaal geskryf. Hierdie gedig gaan in musiek, dans en visuele kuns uitgebeeld word tydens die vereringsgeleentheid wat op 26 Junie 2024 om 18:00 by die ATKV Kuns- en Boeke-oase plaasvind. Jaco van Schalkwyk is die kunstenaar wat die gedig visueel gaan uitbeeld, terwyl Franco Prinsloo die komponis gaan wees wat die gedig gaan toonset. Die gedig gaan deur Émil Haarhof in dans uitbeeld word terwyl Anna Davel dit voorlees en ULTRACoustic Duo (Wilken Calitz en Dirkie van Staden) die musiek maak. Hierdie pragtige gedig gaan saam met die kunswerk by die ATKV-Kuns- en Boeke-oase uitgebeeld word. Hier is die gedig wat hy spesiaal vir Innibos geskryf het: Feesmaal 1 Vooraf Maande lank word die palet betrag, op die tong gerol, besnuif, oorweeg, vir balans bevoel, vir soet en suur, vir bitter ook, souterigheid én umami. Ná maande kom “pikant” wat draal, en “murgsag”, “beleë” en “fors” tot stand – ná kuur en preserveer, ná ryp laat word en milddadig marineer. 2 Heildronk I Dat helder water dalk eufories skop betwis ons nie, die soort wat vloei in soet riviere. Nietemin lig ons ʼn glas, besing die meesters van die edel dop – dis dié wat immer waag, wat innoveer en fyn versny, ons bowenal bly voed, 3 Wenresep Kry die beste produkte – seisoenaal bly koning – ken jou gerei, die nukke van jou stoof en meer nog die giere van jou eters. Berei met flair, dog onopgesmuk, nonsensvry, geregte wat jy toeoog weet gaan deug terwyl jy oopoog vir die toorkrag van die oomblik bly. 4 Feesmaal Die harde grond is skoongevee met besembos wat spoortjies laat en dwarsweg dalk ʼn sleepsel los in losser sand, paradyslik. Onder jakkalsbessies val spatsels son vir dramatiese effek, ʼn klein plek in die bos met ʼn ruim hart waar ʼn menigte in kan pas rondom tafels, uitgedra, ʼn lang verhoog met tafeldoekdamask daaroor vir rekwisiete, ʼn vloer vir bosgeeste en vir waterspriete, vlug soos vrugtevlermuise. En gaan die ligte later aan, vuurvliegies en die maan, die Melkweg ʼn boog bo-oor bome, verskyn een na die ander sterre skitterend aan tafel, begin die fantasie. 5 Heildronk II Op alle bereiders van dié banket – vlugtige skadu, kortstondige droom –   van magiërs wat flink fiksie versin tot minstrele wat ons sinne voer, en skrywers, metafories met ink aan die vingers, bedinkers van mise-en-scène, choreograwe, regisseurs en les bes donateurs. ʼn Glas op kunste in die bos! Verwerk vanaf www.litnet.co.za.

Innibos Feesdigter Johan Myburg Read More »

Innibos Liefde

16 Jaar gelukkig getroud! Ons Valentynsdag- wenners het mekaar al in 2007 by Innibos ontmoet. In 2007, Smokie was the main performer at Innibos. I visited Innibos every day during the week. On Saturday, my folks came from Phalaborwa, and my mom had a sprained ankle, so she was wheelchair-bound. Time caught up with us, and there was almost no space on the main field to watch the show. We made our way around to the back of the stage and found a very uncomfortable seat against the slopes behind the main stage. There we met up with a lady that I worked with and her friend’s family from Gauteng. Believe it or not, with them was my now-wife and mother to my two sons. We started with awkward greetings that soon turned into casual chatting. That didn’t last long. We continued talking throughout the whole Smokie performance. The police, mounted on horseback, had to repeatedly ask us to focus on the show. It was time to leave. I pushed my mom in the wheelchair one way, and my now-wife went the other way. A second chance came at the gate where we waited for the car, and there she was again. Stupid old me didn’t even ask for her number. We parted ways. Got home and started begging my colleague and her friends for the number. Mixit was the in-thing at the time. Shared a goodnight message and went off to sleep. The next morning, and a few cups of encouragement later, I made the call. When asked what she was planning, she said she would be having coffee with me. Now, from here on, it’s history. We got married the next March. This will be 16 years this year that we are married now.

Innibos Liefde Read More »

ATKV Boeke-Crawl 2024

Na ʼn afwesigheid van 4 jaar is die boeke-crawl weer terug op die Innibos spyskaart. Hierdie produksie was een van Innibos se wenresepte en die kaartjies daarvoor was elke jaar héél eerste uitverkoop. Met woorde, sinne, verse, verhale en musiek is die ATKV Boeke-crawl ʼn unieke en eiesoortige woordreis.  Die ATKV Boeke-crawl is ʼn moet vir elke feesganger wat glo in die krag van die woord, hetsy ʼn greep uit ʼn roman deur ʼn topskrywer, ʼn kortverhaal wat jou laat regop sit, of ʼn trefseker gedig. Voeg daarby musiek en die tafel is gedek vir kos vir die siel. Feesgangers kry ʼn doppie-koppie met ʼn knertsie Van Loveren Muskadel en ʼn serp om die ergste koue van die mistieke dorpie, Kaapsehoop, te besweer. Daar is drie aandoenplekke waar daar rondom boeke, woorde en wysies gekuier gaan word.  Die eerste aandoenplek is Bohemian Groove Café waar daar rondom die letterkunde van die liefde gekuier gaan word. Hier gaan akteur Johny Klein en sanger Refentse wys hoe vloei woord en lied ineen in ʼn vlegsel van letter en klank. Alles rondom die emosies wat liefde ontlok. Werke van verskeie skrywers gaan naatloos verweef word tot pure lekkerkry. Die tweede aandoenplek is die Kapel by Silver Mist Country Inn. Hier gaan die groot gees van Afrikaans letterkunde Etienne van Heerden gesels oor sy magiese roman Gebeente en ook fragmente daaruit voorlees. Die regte atmosfeer gaan met kitaar en viool geskep word deur Dirkie van Staden en Johan Scheppel.  Dan stap die feesgangers na Nagkantoor se OppiToneel waar feesgangers getrakteer gaan word met lekkerte uit die oeuvre van Koos Kombuis. Uit hierdie kulturele ikoon se pen het ʼn outobiografie, roman, riller, talle rubrieke, kortverhale, gedigte en liedjies gevloei. Die bekende aktrise, Jana Cilliers, gaan van sy treffende werke voorlees, terwyl Koos self sy liedjies gaan sing. Hongerpyne word afgeweer deur ligte verversings by die aandoenplekke. Laataand keer die busse weer terug na Mbombela. Die ATKV Boeke-crawl is die plek waar die krag van die woord gevier word. Dit vind plaas op Donderdag, 27 Junie 2024. Die eerste bus vertrek 15:00 en die tweede 17:00. Kaartjies kos R350.

ATKV Boeke-Crawl 2024 Read More »

ATKV Kuns en Boekeoase

Vir liefhebbers van kuns en boeke is die ATKV Kuns- en Boekeoase net die plek om tydens die fees te besoek. By die pragtige Kultuursentrum van Nelspruit Laerskool word daar daagliks boekgesprekke aangebied. Etienne van Heerden gaan oor sy boek Gebeente gesels en Leon van Nierop stel sy splinternuwe roman Droomjagter bekend. Mathews Phosa kom gesels oor sy liefde vir Afrikaans en sy derde Afrikaanse digbundel wat in wording is. Daar gaan ook heerlike musiek gemaak word om hierdie knus atmosfeer te verryk. Sangers soos Alouise, Christof Berg, en Coffee Snobs gaan hier optree. Die Innibos Kunsuitstalling beloof om hierdie jaar die kersie op die koek te wees. Feeskunstenaar Luan Nel se pragtige kunswerke gaan hier uitgestal word. Vandat hy in 1998 die beoordelaars se prys vir Sasol New Signature kompetisie gewen het, het hy ontwikkel tot ʼn gerekende kunstenaar wat al nasionaal uitgestal het. Sy kunswerke gaan beslis kos vir die siel wees. Johan Myburg is Innibos se feesdigter en hy het spesiaal vir Innibos gedigte geskryf rondom die tema Feesmaal. Hierdie gedigte het as inspirasie gedien vir kunswerke wat ook hier uitgestal gaan word.  Hierdie gaan beslis die plek wees om vir ʼn wyle tydens die fees te parkeer. Want behalwe vir die kuns en boekgesprekke, is daar ook heerlike kos, gin en wyn te koop. 

ATKV Kuns en Boekeoase Read More »

2024 het ’n Feesterrein wat kook!

Die Innibos-feesterrein by Bergvlam Hoërskool in Mbombela (Nelspruit) is vanaf 27 tot 30 Junie die besige hartklop van die fees. Of jy nou 5 of 85 jaar oud is, by dié feesterrein sal daar iets wees wat in jou smaak val! Die Innibos Hoofverhoog bied soos elke jaar ‘n uitstekende konsert aan wat by die  hektoegang ingesluit is. Hier tree van die land se gewildste kunstenaars elke aand op.  Verwag om Bok van Blerk, Spoegwolf, Elvis Blue, Francois van Coke, Juanita du Plessis – om maar net ‘n paar te noem – op hierdie manjifieke verhoog te sien!  Die finale program sal vroeg in Maart bekendgemaak word. Die Alternatief@Innibos-konsert op Saterdagaand in die KykNET tent gaan beslis ook weer baie gewild wees. By die Boma-kuierteater word stukkies teater aangebied en by Spar Woelwaters word die kleingoed elke dag met  ’n propvol vermaakprogram besig gehou. Die immergewilde Bosmôl is waar jy kan kyk en koop, en ietsie drink of eet in die piazza.Daar is ook, soos gewoonlik,  ’n wye verskeidenheid stalletjies met die heerlikste feeskos en drankies.  Die Wingerd Kuiertuin was in 2023  ’n baie gewilde nuwe toevoeging tot die Innibos feesterrein en gaan vanjaar sommer nóg lekkerder wees met heerlike wyn, fynproewerkos en stemmingsmusiek. Bedags is daar verskeie verhoë op die feesterrein wat elke dag ’n propvol program met bekende en opkomende kunstenaars aanbied. Kyk uit vir die Nashua-verhoog, die Mopani-verhoog en die KykNET-verhoogprogramme wanneer ons dit in Mei bekendmaak. Daar is vanjaar beslis ’n groot verskeidenheid vermaak op die feesterrein wat iets vir elke smaak bied. Kaartjies vir die feesterrein sal teen einde Maart aanlyn beskikbaar wees. Hou ons sosiale media platforms dop vir verdere inligting!

2024 het ’n Feesterrein wat kook! Read More »

Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024.

Die tafel vir die Innibos Produksieprogram is hierdie jaar gedek met uitsonderlike en interessante vertonings wat in ieder en ʼn elk se smaak sal val. Hier is ʼn paar lusmakertjies! Die produksie Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn in die rolverdeling is die aangrypende verhaal van ʼn pa en seun oor twee geslagte heen en beloof om feesgangers aan die hart te gryp.  In die produksie Een met die bekende Cindy Swanepoel en Zak Hendrik in die rolverdeling, het hierdie twee getroudes letterlik vas aan mekaar gegroei. Deur die tragiese komedie, worstel die twee karakters om van mekaar te skei en hul eie identiteit weer te vind. Hierdie is ʼn snak-na-jou-asem-produksie wat beslis nie misgeloop moet word nie.  Die toneelspyskaart bevat van ernstige dramas tot lekkerlag komedies.  Vir die eerste keer by Innibos is daar ook ʼn dansproduksie op die spyskaart. Noah met onder andere PJ Sabbagha en Nicholas Aphane is ʼn multimedia-produksie met uitstekende choreografie waar die dansers en beelde teen die skerms in perfekte harmonie is. Hennie Maas en Johan Rademan is hier om ons meer van die buitenste ruimtes te vertel in hulle produksie Sterre en planete. Feesgangers kan ook saam met hulle deur teleskope kyk na die wonderlike uitspansel. Vanjaar is die Boekecrawl na Kaapsehoop weer terug en beloof ʼn uitsonderlike ervaring vir boekliefhebbers te wees. Op die musikale front kan daar uitgesien word na die aantreklike manne in die produksie Boys R Back: Willem Botha, Ruan Josh, Reynard Hugo, Germandt Geldenhuys en Lee Scott wys in hierdie produksie dat hulle nie net sag op die oog is nie, maar ook mooi kan sing. ʼn Pragproduksie wat nie misgeloop moet word nie, is Mixtape van die liefde. Met sang en poësie beloof hierdie produksie tone-wat-omkrul–van lekkerte. Leon Gropp, Jana Cilliers, Stephanie Baartman, Mathys Roets, Laurinda Hofmeyr, Anna Davel en Johny Klein is die sangers en akteurs wat hieraan gestalte gee. Vir die eerste keer word daar ook vanjaar ʼn Klassieke crawl na die Sudwala-grotte aangebied waar onder andere die Hollands Got Talent-wenner Amira Willighagen saam met Charl du Plessis optree. Innibos bied ook vanjaar saam met Unigrad Nataniël in die Sudwala-grotte aan. Hierdie beloof ʼn uitsonderlike konsert te wees met staaltjies soos net Nataniël kan vertel. Hierdie is maar net ʼn paar van die produksies op vanjaar se spyskaart. Die produksieprogram sal vroeg in April beskikbaar wees.

Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024. Read More »

Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation (Innibos National Arts Festival)

Art speaks to both the heart and the mind. Each viewer’s reaction to creative work is deeply subjective and, as such, art provides a platform for communicating ideas and stimulating discussion. Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation opens at the end of June in Mbombela and forms part of the Innibos National Arts Festival, which is an annual celebration of South Africa’s rich visual and performing artists. The exhibition is deliberately designed as a provocative catalyst to stimulate debate about aesthetic or ecstatic experiences in art, whether emotional, cognitive or intuitive. Curated by South African artist John-Anthony Boerma and facilitated by Art Aid (Pty) Ltd, Provoking Perspectives features a collection of artworks that span 60 years, from 1963 to 2023. Although art from across South Africa will be included, special focus will be given to the diversity of art styles and approaches from Mpumalanga and the South African diaspora. “The work of known artists will be displayed alongside that of unknown artists, ensuring inclusivity and representation, which in itself will challenge perceptions,” says Boerma. He says the audience will be exposed to new approaches to art, both in process and product. “I intend to give appropriate expression to the aspirations of a rapidly transforming society and spark meaningful dialogue and engagement with contemporary art in South Africa.” The works of more than 30 artists will be on show, including Lucas Sithole, Jackson Hlungwani, Owen Ndu, Jop Kunneke, John Muafangejo, Rebecca Mthibe, James Sebata, Laura Batchelor, John Mkhwanazi, Thabiso Seloane, Wendy Malan, Sam Nhlengethwa, Zwelethu Mthethwa, Gladys Mgudlandlu, Dumile Feni, Durant Sihlali, Riason Naidoo, Kevin de Klerk, James Reed, Fikile Skosana, John Clarke, Marietjie Henning, Griet van der Meulen, Reuben Mpangane, Winston Thekiso, Zondi Skosana, Charl Bruwer, Judith Mason, Zakkie Eloff and Erick Manganye. Veteran smooth-jazz saxophonist Wanda Zonke will enrich the opening event, which is by invitation only. Affectionately known as Heartsong because his music tugs at the heartstrings, Zonke’s showmanship is legendary. He has been a music lecturer for more than 13 years and has shared the stage with incredible musicians such as Dr Victor, Berita, and Just Jinjer. The exhibition venue is the Mpumalanga Legislature Chamber at the Mpumalanga Government Complex, which is an architectural wonder. Resembling a beehive, the building incorporates tapestries, timber motifs, wall carving and mosaics. It is also home to the Mpumalanga Legislature’s permanent art collection, and several of these artworks will be incorporated in Provoking Perspectives. Open to members of the public only at 10:00 and 14:30, the exhibition runs from Tuesday, June 27, to Saturday, July 1. Boerma will accompany visitors on walkabouts at these times. Entrance is free.

Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation (Innibos National Arts Festival) Read More »

Kuns Inni Liedjiebos Gekose Gedigte Uitslag

Met die Kuns Inni Liedjiebos-projek is die publiek gevra om gedigte te stuur vir moontlike oorweging om in hierdie produksie gebruik te word. ʼn Magdom pragtige gedigte is ontvang en dit het baie kopkrap gekos om daaruit te kies. Die volgende gedigte is gekies om deel van die musiekproduksie te wees: Vars Onthou – D Dannhauser Tussen dagbreek en drome- Loretta Szikra “Inni” bos- Jané Immerzeel Kry lewe! – Erica Schoeman Ontkiem – Mari Vorster Heuning- Jak.J Brits Soverby- Thomas Deacon Dwase  Dae – Pieter W Grobbelaar Growth- Taylor van Deventer Dear Friend – Lizanne Barnard Dagbreek – Ilona Petzer Lidi se Rap – Lidi de Waal N Lyf – Lidi de Waal Die volgende gedigte gaan deur ʼn kunswerk uitgebeeld word en maak deel uit van die Kuns inni Liedjiebos-uitstalling wat gedurende die Innibosfees vanaf 28 Junie tot 2 Julie by Christies’ at 32 on Russell uitgestal gaan word: Op reis – Ludi Botha Tussen dagbreek en drome – Loretta Szikra Light the way – Magda Engelbrecht Saad – Erica Schoeman I am the eagle – Carel de Beer Uit die as … Tessa van der Merwe Boom – Ingrid Bezuidenhout Vlug – Andrea Sieberhagen Life is short – Lizanne Barnard Daar is … Elizabeth Meyer Brood en klip – Anne Marie van Eeden Fresh start of the hart – Christelle Olckers Kaapsehoop as hoop vervaag – Ingred Kiewiet Phoenix Firebomb – Denlan Molokwu (leerder van Curro Nelspruit) ʼn Seder val in Waterkloof – Erica van Jaarsveld Metaverse – Fresh find – Christelle Olckers Brook – Ilke Harley

Kuns Inni Liedjiebos Gekose Gedigte Uitslag Read More »

Woman acting in stage role in theater mask making smooth movements, stage role, theater performance

Buskers

Die Innibosfees vloei tot binne-in i’langa Mall! Vars by Innibos vanjaar is opwip-kunstenaars wat by die Innibos feesterrein by Hoërskool Bergvlam sowel as i’langa Mall gaan optree. ʼn Verskeidenheid straatkunstenaars van AfrodizzyActs Entertainment gaan optree om ʼn feestelike atmosfeer te skep. Daar gaan op stelte geloop word, jongleurs wat talle kegels en balle in die lug ingooi en vang sonder om dit te laat val, mimiekkunstenaars wat deur hulle gebarespel en lyftaal jou gaan laat skaterlag en ʼn geraamte gimnas wat sy lyf in ʼn knoop vou! Dan gaan die lewende standbeelde jou ook laat wonder hoe hulle dit regkry om so sonder oogknip en beweging te staan totdat daar ʼn geldjie in die blik klingel. Maak seker dat jy tydens die fees by die feesterrein en i’langa Mall ʼn draai maak om hierdie kunstenaars se toertjies te beleef. Jy sal stomgeslaan wees oor hierdie talent wat nog nooit in die Laeveld te sien was nie.

Buskers Read More »

Scroll to Top