Innibos

Nuus

TOYOTA INNIBOS MAAK JOU FEES-ERVARING MAKLIK, GERIEFLIK EN STRESVRY

By Toyota Innibos gaan dit nie net oor wêreldklas vermaak nie – dit gaan ook daaroor om seker te maak dat elke feesganger die fees gemaklik, veilig en sonder onnodige moeite kan geniet. Daarom bied die fees ’n verskeidenheid praktiese dienste wat ontwerp is om die hele Innibos-ervaring so gerieflik moontlik te maak. “Ons wil hê mense moet hul tyd spandeer aan kuier, lag, musiek luister en herinneringe maak, nie bekommerd wees oor parkering, vervoer of waar om hul goed te bêre nie,” sê Andy Lubbe, feesberstuurder. Parkering word ook maklik gemaak met die Stop en Hop-diens met komplimente van i’langa Mall, Citybug, Buscor en DNATel. Besoekers kan gratis by i’langa Mall parkeer en dan elke 30 minute met ’n pendelbus tussen die mall en die feesterrein vervoer word. Dit beteken minder verkeersdruk en meer tyd om die fees te geniet. Vir feesgangers wat teaterproduksies in die stad wil bywoon, bied die gewilde TRAC Bossewa-diens ’n eenvoudige oplossing. Die pendeldiens vertrek vanaf die feesterrein 45 minute voor elke vertoning en vervoer besoekers na die verskillende teater-venues in Nelspruit. Retoerritte kos slegs R40. Ná die vertoning bring die Bossewa jou weer veilig terug na die fees. Bel 082 321 5443 om te bespreek. Het jy ’n kampstoel, inkopiesakkies van die meer as 300 stalletjies wat jy besoek het, jou warm baadjie of ander items wat jou hande volmaak? Die Bêreplekkie bied veilige stoorgeriewe vir jou besittings. Die beste deel is dat die fooi wat betaal word om items te bêre, vir liefdadigheid aangewend word. Gesinne word ook nie afgeskeep nie. Die gewilde Woelwaters-kinderoppasdiens maak dit moontlik vir ouers om die aandkonserte sorgvry by te woon, terwyl kinders veilig versorg en vermaak word. Ná afloop van die vertoning kan ouers hul kinders weer kom haal. Bespreek by 082 321 6311. En om almal verbind te hou, is daar ook gratis WiFi met trots geborg deur Nashua op die feesterrein beskikbaar. Van musiek, teater, leefstyl en kos tot gerieflike vervoer, veilige stoorplek, kinderoppas en gratis internet – Toyota Innibos bewys weer dat ’n suksesvolle fees nie net gaan oor wat op die verhoë gebeur  nie, maar ook oor die gemak wat die mense beleef. By Toyota Innibos is alles in plek sodat feesgangers minder sukkel en meer kan geniet wat IN is!

TOYOTA INNIBOS MAAK JOU FEES-ERVARING MAKLIK, GERIEFLIK EN STRESVRY Read More »

Toyota Innibos en die Laeveld: Die perfekte wintersvakansie op jou voorstoep

Nelspruit (Mbombela), Mpumalanga – Waarom ure op die pad deurbring wanneer een van Suid-Afrika se gewildste wintersvakansiebestemmings reg op jou voorstoep wag? Hierdie winter bied die Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees aan Gautengers, Laevelders en inwoners van die breër Mpumalanga-streek die ideale geleentheid om ‘n onvergeetlike vakansie te geniet sonder om ver te reis. Die Laeveld is reeds bekend as ‘n top-vakansiebestemming wat jaarliks duisende besoekers lok met sy aangename winterklimaat, natuurskoon, wildlewe en wêreldklas-toerisme-aanbiedinge. Voeg daarby die energie en verskeidenheid van Toyota Innibos, en jy het die resep vir die perfekte gesinswegbreek. “Die Laeveld is een van Suid-Afrika se mees geliefde vakansiebestemmings, en Toyota Innibos voeg nog ‘n unieke dimensie tot dié ervaring by. Besoekers hoef nie net die fees te geniet nie, maar hul hele vakansie rondom Innibos beplan en terselfdertyd die ongelooflike besienswaardighede van die streek ontdek. Dit is die ideale kombinasie van kultuur, ontspanning, avontuur en gesinstyd,” sê Naranda Leeuwner, Bemarkingsbestuurder van Toyota Innibos. Vir feesgangers wat bloot die gees van die fees wil ervaar, bied Innibos die hartklop van die wintervakansie. Musiek uit die boonste rakke van die land se gewildste kunstenaars, sorg daagliks vir onvergeetlike vermaak. Teaterliefhebbers kan ook uitsien na produksies met van Suid-Afrika se beste akteurs en kreatiewe talent op die planke. Vir diegene met koopkoors is die feesterrein ‘n ware paradys. Meer as 300 stalletjies bied alles van kuns en handwerk tot mode, juweliersware, dekor, lekkernye en unieke geskenke. Dit is die ideale plek om rond te kuier, nuwe produkte te ontdek en die kreatiwiteit van Suid-Afrikaanse entrepreneurs te ondersteun. Boekgesprekke, kuns en kosmaakgiere word ook daagliks op die kuierverhoë aangebied.  Die adrenalien-soekers word ook nie afgeskeep nie. Die gewilde pretpark bied vanjaar weer ‘n spesiale aanbod van slegs R1 000, wat besoekers daagliks tussen 10:00 en 17:00 onbeperkte toegang gee tot die ritte. Dit beteken ure se opwinding vir die hele gesin en die geleentheid om jou “gô” behoorlik uit te ry. Kinders word intussen eindeloos vermaak met aktiwiteite wat nie net pret bied nie, maar hulle ook aan die kunste, ’n wonderwêreld van stories, kultuur en kreatiwiteit blootstel. Innibos bly ‘n fees waar gesinne saam herinneringe kan bou en waar elke ouderdomsgroep iets spesiaals kan beleef. Die fees vorm ook die perfekte basis vanwaar besoekers die groter Laeveld kan verken. Vakansiegangers kan hul verblyf uitbrei met ‘n besoek aan die wêreldbekende Kruger Nasionale Park, die indrukwekkende Graskop Gorge Lift Company se Glass Lift en kloof-staproete ervaar, of die talle watervalle, panoramaroetes, natuurreservate en avontuurbestemmings van die streek ontdek. Van kultuur en musiek tot avontuur, inkopies, natuur en gesinstyd, die Laeveld bied alles wat vakansiegangers se harte begeer. Hierdie winter hoef jy nie ver te ry om ‘n wêreldklas-vakansie-ervaring te geniet nie. Toyota Innibos en die Laeveld wag vir jou – die perfekte wintersvakansie is nader as wat jy dink, want hier vier ons ALLES wat IN is!

Toyota Innibos en die Laeveld: Die perfekte wintersvakansie op jou voorstoep Read More »

By Innibos is die jongspan die VIP’s – en laerskoolkinders kom steeds GRATIS in!

Vir Toyota Innibos is dit vir ons uiters belangrik dat die jonklomp die fees tot sy maksimum geniet en daarom kom laerskoolkinders steeds gratis feesterrein toe. Volgens feesbestuurder, Andy Lubbe, plaas Innibos ‘n baie sterk fokus op kinders en gesinne. Dit  moet ‘n fees wees waar die hele gesin welkom voel en waar daar iets is vir elke ouderdom,” sê Andy. Van die oomblik wat jong feesgangers deur die hekke stap, wag daar ‘n wêreld van opwinding. Die feesterrein is propvol aktiwiteite, vermaak en lekkernye wat kinders se oë laat rek. Met meer as 300 stalletjies is daar oral iets nuuts om te ontdek, van speelgoed en unieke produkte tot interessante skatte en verrassings om saam huis toe te neem. Die kosstalletjies bly natuurlik een van die groot gunstelinge. Kinders kan uitsien na al die feesgunstelinge waarvan hulle droom; van hamburgers, pizza cones en chipsticks tot bubble tea, bubble pancakes, corn dogs, rolroomys, donuts, marshmallows asook die gewilde aarbeie en room. Dis die soort plek waar elke draai ‘n nuwe lekkerte inhou en alles vier wat IN is. Hou jou beursie nader, want vir die energieke avonturiers is die gewilde pretpark weer terug en daagliks vanaf 10:00 oop. Hier wag opwindende ritte, helder ligte en hope adrenalien vir kinders wat graag hul dapperheid wil toets. En natuurlik word Ma, Pa, Oom, Tannie, Ouma of Oupa ook uitgedaag om dié ritte saam met die jonspan aan te pak. Nog ‘n hoogtepunt op die program is Woelwaters, waar gratis vermaak die hele dag lank aangebied word. Jong feesgangers kan uitsien na optredes deur geliefde karakters en kunstenaars soos Jakkie NOU! saam met Felix en Pokkel, ATKV-Storiebos, Puppetrix se Wilde Wonders, B is vir Boelie, Ronnie die Renoster, Hooper gaan Skool toe en die gewilde towenaar, David Dee. Stories, musiek, laggies, poppekaspret en interaktiewe vermaak sorg dat daar nooit ‘n vervelige oomblik is nie. Tieners word ook nie afgeskeep nie. Die Alternatiewe konsert op die kykNET-verhoog bied vanjaar ‘n vars reeks kunstenaars wat gewild is onder jongmense, soos G-String, Juan Bester, Droomsindroom, Saxby Twins en Coenie Naudé, terwyl die feesterrein vol sosiale media-waardige oomblikke, lekker ontmoetingsplekke en nuwe ervarings is.  Aanhangers kan ook uitkyk vir influencers soos Ball & Banter of Dené Lindeque-Fouché (Denétjie) wat tussen 13:00 en 14:00 op Saterdag, 4 Julie haar verskyning by Inni Leefstyl saam met Jacques en Matie van Graan gaan maak.  Vir die jong manne en ander sportliefhebbers word die Springbokke se wedstryd teen Engeland regstreeks op die grootskerm uitgesaai, wat beteken dat jy reeds van vroeg af jou plek kan inneem en die gees van die wedstryd kan geniet voordat die Hoofverhoogkonsert afskop.  En as jy klein kindertjies het, kan jy hulle na die kinderoppasserdiens neem by Woelwaters teen slegs R50 en die aankonsert in vrede geniet. Daar is jy verseker dat jou kind in veilige sorg onder bekwame personeel is, is terwyl jy jou longe uitskreeu vir jou gunsteling kunstenaars. (Vir besprekings skakel Louis Pienaar en span: 082 321 6311.) Vanaf die feesterrein,  kan gesinne ook die splinternuwe familieproduksie “Jakkie NOU: die 3 varkies en die Gen Z wolf”  by Laerskool Laeveld beleef. In dié moderne weergawe van Die Drie Varkies kry die bekende sprokie ‘n prettige nuwe baadjie waar die Groot Slegte Wolf eerder ‘n TikTok-ster is as ‘n huise-omblaser. Met humor, musiek en herkenbare situasies uit die digitale wêreld beloof die produksie vermaak vir oud en jonk. Volgens Lubbe is die doel eenvoudig: “Ons wil hê kinders moet by Innibos aankom en voel die fees is ook vir hulle gemaak. Dis waarom ons soveel aandag gee aan kindervermaak, gesinsaktiwiteite en bekostigbare toegang. Wanneer die kinders gelukkig is, geniet die hele gesin die fees.” Met gratis toegang vir laerskoolkinders, hope vermaak, lekker kos, avontuur, musiek, stories en gesinsaktiwiteite, bly Innibos een van Suid-Afrika se gewildste wintervakansiebestemmings vir jong en oud. Innibos 2026 – waar die hele gesin se wintervakansie tot lewe kom.  Besoek innibos.co.za vir kaartjies en inligting.

By Innibos is die jongspan die VIP’s – en laerskoolkinders kom steeds GRATIS in! Read More »

Werkstress is UIT, Lekker lag is IN by Toyota Innibos!

As die jaar se spertye, vergaderings, WhatsApp-groepe en alledaagse stres jou lagspiere laat verswak het, is dit tyd om hulle weer behoorlik te kom oefen by Toyota Innibos. Van skreeusnaakse komedies en satiriese spitsvondigheid tot nostalgiese humor en onvergeetlike karakters. Vanjaar se feesprogram bied iets vir elke lagliefhebber. Philna Scholtz, Programbestuurder van Toyota Innibos, sê een van die fees se mees unieke aanbiedinge is Crybaby, ’n absurde tragikomedie met Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete en Gantane Kusch. Wanneer ’n driejarige kleuter binne oomblikke van sorgvrye kind na uitgeputte volwassene transformeer nadat hy die nuus aanskou, ontvou ’n skerp, humoristiese blik op die wêreld waarin ons leef. Die produksie laat gehore lag én dink, terwyl dit herinner dat grootword nie vir sissies is nie. Vir diegene wat van chaos, misverstande en uitspattige humor hou, is Sirkus L’Amour ’n moet-sien. Hierdie kleurvolle komedie neem gehore agter die gordyne van ’n sirkus waar alles skeefloop wat moontlik kan. Van waaghalse in die moeilikheid tot narre met hul eie uitdagings en liefdesdramas wat alle perke oorskry, beloof dié produksie lagbuie van begin tot einde met legendes soos Wynand van Vollenstee, Thiard Li, Marissa Claasen en Zoricke Snyman. Die gewilde Magda Louw en haar Eckhard: How Louw Can You Go met Desiré Gardner en Hannes van Wyk op hul beste, word die uitdagings van oudword, liefde en die lewe se onvermydelike draaie met humor, deernis en herkenbare oomblikke aangepak. Die produksie het reeds vier Momentum Aardklop-benoemings in 2025 ontvang en bewys dat groot lag soms uit die eenvoudigste waarhede ontstaan. “Na jare se versoeke van aanhangers maak Molly en Wors hul langverwagte verhoogdebuut,” sê Philna. Willie Esterhuizen en Lizz Meiring bring die geliefde karakters lewendig na die verhoog in ’n heerlike komedie oor die sogenaamde geheim van ’n gelukkige huwelik. Met Willie se kenmerkende humor, skerp waarnemings en ’n goeie dosis hart, gaan gehore hulself beslis in die karakters herken. Vir liefhebbers van satire met ’n tikkie spanning is Tronk met ’n D die ideale keuse. Elzabé Zietsman, Ignatius van Heerden en André Lötter lei gehore deur ’n glansryke wêreld van gifmoorde, tronkselle, skelm prokureurs en onverwagte wraakplanne. Die resultaat is ’n komiese spanningsdrama wat ewe veel lag as verrassings bied. En dan is daar natuurlik die immergewilde Reünie, waarin Frank Opperman vir oulaas terugkeer na Toyota Innibos met sy bekroonde lokettreffer. Wat begin as ’n skoolreünie van die matriekgroep van 1980, ontwikkel in ’n skreeusnaakse, nostalgiese en soms ontroerende terugblik op die mense wat ons was en die mense wat ons geword het. Met Dana Snyman se teks en Opperman se meesterlike vertolking, is dit geen verrassing dat die produksie steeds gehore regoor die land lok nie. Toyota Innibos bied vanjaar die perfekte teenmiddel vir werkstress en winterblues. Of jy nou hou van satire, nostalgie, fisiese komedie, karakterhumor of skerp sosiale kommentaar – die fees se komedie-aanbiedinge waarborg dat jou lagspiere behoorlik gaan werk. Werkstress is UIT. Lekker lag is IN. Kom oefen jou lagspiere by Toyota Innibos en ontdek waarom daar soms geen beter medisyne as ’n goeie lagbui is nie.

Werkstress is UIT, Lekker lag is IN by Toyota Innibos! Read More »

Innibos exhibition showcases the evolution of South African craft

Come and experience the changing landscape of South African craft at Tradition Transformed. This showcase of contemporary design, one of the first events at this year’s Innibos Lowveld National Arts Festival, opens in Mbombela on Tuesday, June 30. The exhibition features 30 works that show how traditional craft has evolved into an art and design platform that reflects creativity and contemporary South African culture. The exhibition is curated by Art Aid Africa, an organisation dedicated to transforming indigenous skills into sustainable modern businesses. Founders John Anthony Boerma and Jan Bhuda have curated several exhibitions for Innibos over the years, including Walking Tall – a collection of 15 large, uniquely decorated giraffes – in 2019, and Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation, a highly acclaimed multi-generational visual arts exhibition in 2023. Boerma and Bhuda are also behind the Innibos National Craft Awards, which from 2017 to 2022 gave crafters from across the country a platform to showcase their work to wider South African and international audiences. All the works featured in Tradition Transformed were created by artisans previously showcased through the National Craft Awards, as well as new creatives, bringing together pieces recognised for their craftsmanship, originality and cultural relevance. “We are proud to create a platform once again for these talented creatives,” says Sandra Jacobs, co-founder of the Innibos Lowveld National Arts Festival. “Exhibitions like this open up meaningful commercial and developmental opportunities, helping to ensure that craft can translate into sustainable livelihoods for the artists behind it.” Boerma, who has dedicated much of his life to transforming indigenous skills into modern businesses, says that traditional craft techniques are being successfully reimagined into market-ready design. “Each piece tells a story of heritage and resilience, bridging the gap between rural and urban narratives,” he explains. “The result is a collection of fashion-forward craft objects spanning diverse mediums, including ceramics, textiles, beadwork and sculptural pieces.” Bhuda echoes this sentiment, emphasising that South African craft has firmly earned its place in contemporary design. “We are proving that traditional techniques are not only historical artefacts, but living, evolving practices that are innovative and globally competitive,” he says. “This exhibition shows how local heritage can shape international design conversations, rather than simply follow them.”Tradition Transformed opens at the Mbombela Civic Centre on 30 June and runs until 4 July. Opening hours are 9am–5pm, with guided walkabouts at 10am daily. Entrance is free. Simon Yeseni, whose work will be on display at Tradition Transformed in Mbombela from 30 June. Interact with work by Sunboy Nkuna, similar to his piece pictured here, at Tradition Transformed in Mbombela from 30 June–4 July. Beading reimagined by Letty Jiyane for Tradition Transformed, showing at the Mbombela Civic Centre from 30 June. (Note: Pictured is an example of the artist’s style; new works will be showcased at the exhibition.) Contemporary crafter Simon Yeseni is one of the featured creatives at Tradition Transformed, showing at the Mbombela Civic Centre from 30 June–4 July. While this specific piece will not be on display, it beautifully represents the signature style attendees can expect. Letty Jiyane’s work features in Tradition Transformed at the Mbombela Civic Centre from 30 June. Examples of contemporary craft by Simon Yeseni (cow), Margaret Mahlangu (framed panel), Slindile Khosa (yellow bracelet with four blocks), Letty Jiyane (black and yellow bracelet) and Sunboy Nkuna (wooden spoon). The exhibition will feature a new collection of works by these artists.

Innibos exhibition showcases the evolution of South African craft Read More »

Mopani Wingerd Kuiertuin by Toyota Innibos: Waar Feesgangers behoorlik kan vashaak!

By Toyota Innibos 2026 is daar een plek waar die geur van vars koffie, die klank van lewendige musiek, die klink van wynglase en die warmte van egte Suid-Afrikaanse gasvryheid saamvloei, die Mopani Wingerd Kuiertuin. En nee, hierdie is nie sommer net nóg ’n deurloop-area op die feesterrein nie. Dis ’n bestemming op sy eie. ’n Rustiger area waar jy kan ontspan, kuier, proe, luister en behoorlik vashaak. Onder die koelte van bome en tussen die nostalgiese atmosfeer van die ou Kunspark, wag ’n ervaring wat elke sintuig prikkel. Hier stap jy stadig. Hier kuier jy langer. Hier ontdek jy stories. Volgens Alison Linde, stalletjie bestuurder van Toyota Innibos, is die Wingerd Kuiertuin spesiaal saamgestel vir die fynproewer. “Mense wat hou van goeie wyn, unieke smake, mooi kuns, inspirerende gesprekke en daardie onbeskryflike “lekker vibe” wat net Innibos kan skep.” Met Spier, Lisa Whitehouse, en Hermanuspietersfontein-wyne aan boord, onder leiding van plaaslike wynkenner Toiné Schoeman, word wynproe ’n ervaring op sy eie. Sit terug met ’n glas wyn in die hand, luister na sagte musiek op die Mopani-verhoog en laat die fees se ritme jou meevoer. En as daar een ding is wat die Wingerd Kuiertuin besonders maak, is dit die ongelooflike verskeidenheid geure en produkte wat hier bymekaarkom. Epa! bring weer hul veelbekroonde vars, ongekookte souse en pestos na die fees, saam met die legendariese Epa! Avo wat oor die jare ’n absolute Innibos-gunsteling geword het. Vars, veganisties, glutenvry en handgemaak met plaaslike bestanddele, weerspieël Epa! alles waarvoor die Wingerd Kuiertuin staan: kwaliteit, kreatiwiteit en ’n leefstyl van goeie smaak. Vir kaasliefhebbers wag Kaaskop met ’n keur van bekroonde Suid-Afrikaanse én internasionale kase, perfek saamgestel vir rustige kuier-oomblikke saam met vriende en familie. En dan is daar natuurlik Doppio Zero se varsgebakte artisan-brode, croissants, terte en beroemde kaaskoeke, en die geur van koffie wat jou daar sal wil hou. BosBul-Tong gaan ook daar wees met premium biltong, droëwors, chilli bites en cabanossi, daardie eg Suid-Afrikaanse smake wat eenvoudig by enige fees hoort.  Fusion Sjef, Jan-Harm Pietersen, is gedryf deur sy nuuskierigheid om geure, smake en teksture te laat saamsmelt met ’n tikkie trooskos, dit vorm die kern van sy filosofie: “Moenie met jou kos speel nie.” Vergeet daarvan, gooi daardie idee by die venster uit en eksperimenteer!”  Selfs die avontuursoekers kry hul beurt. Die South African Gold Panning Association gaan besoekers wys hoe goudpanning werk, met geleenthede vir feesgangers om self hul hand daaraan te waag. Reg uit die Pelgrimsrus omgewing bring hulle ’n stukkie ouwêreldse Laeveld-avontuur na die fees. Vir natuurliefhebbers en tuin-entoesiaste gaan die Bonsai-vereniging, Concrete Creations en Likhutsa Nursery die Wingerd omskep in ’n visuele fees van groen, tekstuur en kreatiwiteit. Wandel rustig deur die tuinuitstallings en ontdek klein oases van inspirasie tussen die feestelikheid. Die kuns- en vakmanskap-aspek van die Wingerd Kuiertuin is net so indrukwekkend. Oupoot, gebore uit ’n liefde vir die natuur en die herwinning van inheemse houtsoorte, bring eg Suid-Afrikaanse vakmanskap na die fees. Hul visie strek verder as bloot produkte verkoop. Dit gaan oor die bemagtiging van ambagsmanne, die bewaring van tradisie en die skep van unieke meesterstukke wat die verhaal van ons land vertel. Kunsliefhebbers kan ook uitsien na die werk van kunstenaars soos Pieter A. Pienaar, die Kalahari-kunstenaar wat vir die eerste keer by Innibos uitstal. Met sy uiteenlopende style, van abstrakte ekspressionisme tot collage en landskappe,  bring hy kleurvolle stories en diep menslikheid na sy werk. Sy ervaring as kunsonderwyser in Suid-Afrika, Saoedi-Arabië en China gee aan sy kuns ’n unieke wêreldse perspektief. Nog ’n besondere kreatiewe stem by die fees is Steve Strauss, die kunstenaar wie se werk geïnspireer is deur die skoonheid van sy moeder se tuin. Vanuit Schweizer-Reneke het hy ’n lewe geskep waar kuns, familie en natuur hand aan hand stap. Sy skilderye vang die vreugde, kleur en nostalgie van die lewe vas en weerspieël ’n diepe verbondenheid aan die eenvoud van mooi dinge. Die kunstenaar INKA bring weer ’n meer intuïtiewe en emosionele aanslag na die Wingerd Kuiertuin. Haar werk, geïnspireer deur beweging, natuur en menslike emosie, ontstaan organies deur tekstuur, kleur en spontane kreatiewe proses. As selfgeleerde kunstenaar wat op ’n plaas in Mpumalanga woon en werk, speel die Afrika-landskap, veranderende seisoene en die mens se innerlike wêreld ’n groot rol in haar kuns. Met gelaagde oppervlaktes, collage-elemente en sterk teksture skep sy werke wat nie net gesien word nie, maar gevoel word, kuns wat die kyker uitnooi om werklik te kyk en betekenis in elke beweging en detail te ontdek. Elke werk dra iets van sy hart en herinner mense daaraan dat kuns dikwels uit die mees persoonlike herinneringe gebore word. En dan is daar Salomé van Vessels Studio se lewendige waterverf-gasteportrette, vinnige, spontane kunswerke wat binne minute herinneringe omskep in iets tasbaar en kosbaar. Maak seker jy kry jou self-portret daar! Die ATKV-Boeke-oase vorm ook deel van hierdie unieke ervaring en beloof om een van die mees geliefde kuierplekke by die fees te wees. Philna Scholtz, Programbestuurder, vertel dat feesgangers hier rustig kan ontspan, boeke koop, luister en gesels. Die ATKV-Boekgesprekke bring van Afrikaans se gewildste skrywers bymekaar, met gesprekke wat elke dag plaasvind. Onder die name tel Pieter Mulder, Mike Bolhuis, François Bloemhof en Jak de Priester, en dis net om ’n paar te noem. RSG gaan boonop regstreeks vanuit die Boeke-oase uitsaai, wat nóg meer lewe en energie aan die ruimte gee. ’n Gerieflike sitarea word ingerig waar besoekers rustig kan sit en luister na die gesprekke, stories en onderhoude wat deur die dag plaasvind.  Van die sprankelende Lizz Meiring se Bingo op Donderdag 2 Julie tot Jacques Lombard se daaglikse leefstyl-ervarings waar koffie, cocktails, onthaal en styl saamvloei gebeur daar elke oomblik iets lekkers op die Mopani-verhoog. Met gaskunstenaars soos Marinda Engelbrecht, Wynand van Vollenstee, Thiart Li, Matie van Graan en Dené Lindeque-Fouché word elke dag ’n fees van smaak en inspirasie. Musiekblyspelers soos Len Muller, Alouise, Thapelo Lekoane, Mathew Gold en Wanda Zonke sorg vir uitstekende vermaak, terwyl Ultracoustic Duo en Velvet Motion Duo met

Mopani Wingerd Kuiertuin by Toyota Innibos: Waar Feesgangers behoorlik kan vashaak! Read More »

Toyota Innibos 2026: ‘n Fees propvol van ALLES wat IN is!

Die Laeveld se grootste kuier wag vir jou! As jy nog wonder waar jy hierdie winter moet wees, is die antwoord eenvoudig: Toyota Innibos 2026! Van 2 tot 5 Julie verander die Laeveld weer in ’n feesparadys waar musiek, teater, boeke, kuns, rugby, kuier, kos en inkopies saamvloei in een onvergeetlike ervaring, want hier vier ons alles wat IN is #trending. Van groot verhoogproduksies tot die gewilde feesterrein, Woelwaters vir die kinders en die bekende kuierverhoë beloof dit om een vir die boeke te wees. Die Feesterrein – waar alles gebeur Die hart van Innibos klop by die feesterrein, waar duisende feesgangers elke dag saamtrek vir ’n unieke feeservaring. Hier wag vier kuierverhoë, biertente, heerlike eetgoed, topgehalte uitstallings en natuurlik die beste kunstenaars. Daar is Woelwaters vir die kinders, ’n Pretpark, 300 kos- en ander stalletjies om van te kies en te keur, die ATKV boeke-oase en kunsuitstallings wat jou sommer gekultiveerd gaan laat!  Van vroegoggend af bruis die terrein van energie, en saans verander dit in ’n fees van ligte, musiek en kuiergenot, wanneer feesgangers die indrukwekkende konserte met van ons land se beste kunstenaars op die Innibos-hoofverhoog geniet. Rugbykoors tref Toyota Innibos! Saterdag 4 Julie gaan die gees behoorlik kookpunt bereik wanneer die Springbokke teen Engeland uitdraf! Feesgangers word aangemoedig om reeds van 17:00 af stelling in te neem waar Hammie die gees aan die gang kry voor die  afskop om 17:40, en die Innibos se GROOT SKERM gaan sorg dat niemand ’n oomblik van die aksie misloop nie. Dis die perfekte geleentheid om saam te skreeu en te kuier. En dan, skaars nadat die eindfluitjie geblaas het, begin die KykNET-musiekvertoning stiptelik om 19:30. Hou vas, want die Saterdagaand beloof hoogtepunt op hoogtepunt! Waarna kan jy uitsien: Sterbelaaide musiekprogram Kaartjiepryse vir die feesterrein: Laerskoolkinders tot en met 13 jaar: GRATIS Senior burgers: R195 (Slegs Donderdag) Donderdag: R250 Vrydag: R325 Saterdag: R385 Weekkaartjie: R775 Benewens die feesterreinprogram is daar ook ’n sterbelaaide teater, leefstyl en klassieke program in venues  buite die feesterrein. Sandra Prinsloo, Frank Opperman, Je-ani Swiegelaar, Coenie de Villiers en Amanda Strydom is onder andere vanjaar by Innibos op die planke. Die volledige feesprogram en kaartjieverkope is by innibos.co.za te kry.

Toyota Innibos 2026: ‘n Fees propvol van ALLES wat IN is! Read More »

LOCAL IS LEKKER Kunstenaars wat IN is by Innibos 2026  – Vier Die Laeveld Se Eie Sterre

Toyota Innibos wys weer dat local lekker is omdat Innibos die Laeveld se eie kunstenaars en sterre op die verhoog vier.  Met bykans ’n derde van die kuierverhoog-kunstenaars uit eie bodem, bring Innibos ’n unieke kombinasie van plaaslike trots en topgehalte vermaak wat werklik IN is. “Ons is ongelooflik trots daarop dat soveel van ons eie Laeveldse talent nasionaal naam maak, maar steeds hul wortels hier op Innibos kom vier. Dit gee die fees ’n egte, hartlike karakter wat jy nêrens anders kry nie,” sê Adelene Niehaus, wat die kunstenaarskakeling by Innibos behartig. Op die Cell C- en kykNET-verhoë klop die musikale hart van die fees byna net so hard soos op ons hoofverhoë. Kunstenaars soos Ian Roberts, ’n egte Laevelder, en voorsanger van die Radio Kalahari Orkes deel die verhoog met ander groot gunstelinge. Die kykNET Country Konsert op Vrydag, 3 Julie, bring kunstenaars soos Franja du Plessis, Armand Hofmeyr én ons eie Pieter Rischmüller van die Laeveld na vore. Alternatiewe klanke kry ook hul plek met plaaslike rocker Coenie Naudé, en kletsrymer Ruan Bester ook van die Laeveld, terwyl kunstenaars, Kris Ray en Tiffany Steyn, wys hoekom plaaslik regtig IN is. Na die hoofverhoogkonserte, moet jy dadelik jou weg maak na die Cell C-verhoog. Donderdagaand sluit die plaaslike DJ-duo BassBroers van Nelspruit/Mbombela die aand af met egte Laeveldse energie. Vrydag bring Brendan Peyper die treffers, en Saterdagaand vat local-is-lekker DJ Jaydon Mark oor met ’n vertoning wat die skare op hul voete hou. By die Mopani-verhoog in die Wingerd Kuiertuin ontmoet leefstyl en musiek mekaar. Die daaglikse leefstyl-uur aangebied deur Nelspruiter Jacques Lombard saam met gaskunstenaars soos Wynand van Vollenstee, Matie van Graan, Dené Lindeque-Fouché, Marinda Engelbrecht en Thiart Li beloof ’n unieke ervaring van styl, smaak en vermaak te wees.  By die Mopani-verhoog drup dit van ons plaaslike talent en vul ons die verhoog met Thapelo Lekoane, Mathew Gold en Wanda Zonke. Bia en Plain Jane gaan ook die Laeveld se naam hoog hou met hul optredes.  By die Laevelder Boma kuierteater bied Nelspruiter, Riaan Loubser se mentalisme-vertoning, Uitgevang, ook goeie inhoud. Volgens Adelene is Innibos trots op die teater-safari wat enig in sy soort is en verskeie plaaslike talent planke toe bring. Pampelmoesmampoer spog met Nelspruiters Francois Jacobs, Adriaan van As, Jana Fischer, Eugené en Luka Wait. Hulle deel die verhoog met bekendes soos Matie van Graan, Tiaan Slabbert, Steffie le Roux, en ’n misterieuse gasverskyning. Klassieke liefhebbers kan uitsien na die Laeveldse tenoor Walter Fourie en plaaslike pianis Janette Rottcher in die produksie Koffie Kantata.  Stories kry ook lewe met Laevelder, Tian Schutte se leefstyl-aanbieding, Spoorlynsabotasies tydens die Boere- en Bosoorlog, en Jarik Jansen en Francois le Roux van Komati Fruit gaan in hul leefstylproduksie ‘n ware plaaservaring bied. By die Woelwaters kan die jongspan uitsien na pure towerkrag met Nelspruiters David Dee, terwyl Jessica Hattingh saam met Ronnie die Renoster kinders laat sing en leer. By ATKV-Storiebos gaan stories nie net vertel word nie, maar lewendig word te danke aan Corlani Breyl, kleuterskool-eienaar van WilleTuin in Nelspruit.  Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry. Hier kan feesgangers heeldag rustig saam gesels, kuier, boeke-koop en luister. Met plaaslike gesprekleiers soos Sanett Oosthuizen, Annemarie van der Walt, Izak du Plessis en Hancu Louw, gaan boekgesprekke met skrywers soos Pieter Mulder, Mike Bolhuis, François Bloemhof en Jak de Priester, plaasvind waar literatuur lewendig gemaak word. Met 52 kunstenaars op die program, waarvan ongeveer 20 uit Mbombela, Nelspruit, Lydenburg en die breër Laeveld kom, bewys Innibos dat wêreldklas vermaak reg voor jou deur gebeur. Innibos 2026 is nie net ’n fees nie, dit is ’n viering van gemeenskap, kreatiwiteit en trots. Hier is local is lekker nie net in kaartjieverkope nie, dis ’n plaaslike viering van wêreldklas talent.

LOCAL IS LEKKER Kunstenaars wat IN is by Innibos 2026  – Vier Die Laeveld Se Eie Sterre Read More »

Scroll to Top