Innibos

Nuus

Kuiertafels en Bespreekte Stoele – Hoe werk dit?

Kuiertafels en Bespreekte Stoele – Hoe werk dit? Innibos is weer hier – en met die LEKKER-konsep wat vir die tweede jaar in werking tree, gaan dit net nóg beter wees! Hierdie LEKKER (en unieke) kuiertafel en bespreekte stoel-uitleg bring jou nader aan die kunstenaars, en jy kan saam met jou beste pelle of familie uitspan (daai vir wie jy lief is en saam met wie jy WIL kuier) uitspan, en saam die beste musiek geniet – sonder die gesukkel van kampstoele rondsleep of te wonder waar om jou drankie te sit. Wil jy in styl kuier? Hier’s hoe: KUIERTAFELS (6 mense per tafel) Spesiale area by die Hoofverhoog  Toegang tot ‘n eksklusiewe kroeg en privaat badkamers Rookvrye sone vir ‘n gemaklike ervaring Pryse per tafel (sluit NIE feesterrein hektoegang in NIE): Donderdag: Uitverkoop Vrydag: Uitverkoop Saterdag: Uitverkoop BESPREEKTE STOELE 4 stoele per ry – dan hoef jy nie jou eie stoel rond te karwy nie!Pryse per stoel (sluit NIE hektoegang in nie): Donderdag: R110 Vrydag: R150 Saterdag: R210 Onthou:Kinders tot en met 12 jaar betaal nie feesterrein toegang nie, maar kinders ouer as 2 jaar benodig ‘n Kuiertafel- of Bespreekte Stoel-kaartjie. Bespreek jou feesterreinkaartjies, kuiertafel of bespreekte stoel op TicketPro vanaf:Tjirp nuusbrieflesers (Early Birders): 26 FebruarieAlle ander feesgangers: 28 Februarie Maak gereed vir dans en onvergeetlike herrinngering as jy SOMS sit! https://youtube.com/shorts/ATPo6PPX2fM?feature=share

Kuiertafels en Bespreekte Stoele – Hoe werk dit? Read More »

Innibos hoofverhoog kunstenaarbekendstelling Dis GROOT, dis LOUD, dis LEKKER!

Innibos hoofverhoog kunstenaarbekendstelling Dis GROOT, dis LOUD, dis LEKKER! Maak reg vir ’n Innibosfees só lekker, selfs jou groottoon gaan ’n sokkie wil gooi! Innibos 2025 is hier om jou te laat bons, skree, skater en saamsing tot jou stembande ingee! Drie aande van pure musiekmagic wag op jou en as jy dit mis, gaan jy jouself vir ewig daaroor byt. Dis aksie, dis energie, en dis net LEKKERNESS! Bring jou pelle, hope gees en jou beste dansskoene – dié een is nie vir flou mense nie! Hierdie jaar is ekstra spesiaal, want ons vier ’n eeu van die Afrikaanse taal en ons hart klop warm vir dié mylpaal! Daarby vier ons Innibos se 21ste verjaarsdag – ons fees is mondig! En asof dit nie genoeg is nie, vereer ons ’n ware ikoon van Afrikaanse musiek: Kurt Darren, vir sy groot impak op die musiekbedryf. Drie massiewe redes om hierdie grootste Innibos nóg saam met ons te kom vier! Lekkerness tot die mag drie! En dis net HIER waar Innibos jou stukkend bederf: ons hou die kaartjiepryse presies dieselfde as verlede jaar. Geen verhogings, geen ekstra sente tel, net LEKKERTE. Wat is ’n fees sonder ’n behoorlike afskop? Die Huisgenoot Afskopkonsert op Donderdag, 3 Julie 2025 is hier om die partytjie aan die gang te sit met ’n moewiese lekke-lineup. Van die hoogtepunte sluit in: Appel, Chris Steyn, Droomsindroom, Eloff, Francois van Coke, Jay, Karlien van Jaarsveld en Lianie May – en saam daarmee, dalk ’n verrassing of twee. Die energieke Hamilton Wessels sal as seremoniemeester die skare aanhits en verseker dat die aand ’n onvergeetlike een is. Hierdie konsert begin om 18:00 en word geborg deur Huisgenoot. Toegang beloop R210 per persoon. Maak jou keel nat, want die partytjiekoors begin HÍÉR! Daar’s net een manier om Vrydag, 4 Julie, reg te begin. En dis met die Jacaranda FM Konsert waar ’n solid klomp musieksterre die verhoog aan die brand gaan sing! Hoogtepunte sluit in: Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Martin Bester, Robbie Wessels en Ruhan du Toit. Hierdie sangers saam met so ’n paar ander, gaan sorg vir ’n musikale ervaring soos min. Hierdie konsert, wat om 18:00 begin, word geborg deur Jacaranda FM en toegang kos R260. Dis ’n Vrydag wat gaan hoog vlieg, so reageer op jou FOMO en kom! As jy nog voete oor het na Donderdag en Vrydag (respek!), is die kykNET Konsert op Saterdag, 5 Julie 2025 hier om jou finaal van jou voete af te laat dans! Corlea Botha, Demi Lee Moore, Die Piesangskille, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Kurt Darren, Refentse, Ricus Nel, Snotkop, Van Pletzen en Zaan Sonnekus bring hul ongekende talent na die verhoog. Hier kan jy ook dalk nog ’n verrassing of twee verwag ter viering van Innibos se 21ste verjaarsdag! En omdat ons weet dat kultuur nie net in ons musiek lê nie, maar ook in die groen en goud, sê ons dankie aan kykNet wat dit moontlik maak dat die Springbokke se wedstryd teen Italië regstreeks op die groot skerm van die hoofverhoog uitgesaai gaan word!  Kom skree jou longe uit, vier elke drie, en spring direk daarna weer in jou dansskoene in – want hier by Innibos vier ons AL die lekker goed in die lewe! Na afloop van die rugby begin die konsert om 19:00. Toegang beloop R310. Dis ’n Saturday Night Fever soos nog nooit tevore nie! Dis ’n steel vir soveel LEKKERNESS! Wenk: Kry eerder ’n weekkaartjie vir slegs R660. Seniors bo 60 betaal slegs R160 per dag – vir enige dag, terwyl kinders onder 12 heeltemal gratis toegang kry. Parkering kos R200 per dag, en as jy in ’n groep van meer as 21 mense bespreek (ja, want ons word 21) kry julle gratis busparkering! Wil jy ’n VIP wees en op ’n spesiale plek sit vir hierdie spesiale okkasie? Geen probleem! Hierdie jaar bring ons ’n heel nuwe uitleg vir die fees! Die kuiertafels en bespreekte sitplekke is reg teen die verhoog se ramp af – ’n eerste vir Innibos!  Jy gaan dus nader aan die aksie wees as ooit tevore. Kuiertafels vir ses mense is beskikbaar teen R660 op Donderdag, R960 op Vrydag en R1 260 op Saterdag – dit sluit egter nie hektoegang in nie. As jy ’n bespreekte sitplek verkies, is dit R110 vir Donderdag, R150 vir Vrydag en R210 vir Saterdag. Kaartjies te koop vanaf 28 Februarie op Ticketpro! Tjirp nuusbrief lesers geniet Early Bird aanbiedinge om al vanaf 26 Februarie feeskaartjies en kuiertafels te koop. Nog nie ’n Tjirplid nie? Teken in op ons webtuiste om vir vooraf kaartjies te kan koop. Moenie slaap nie – hierdie een gaan vinnig uitverkoop!  Dis meer as net ’n fees – dis ’n belewenis. Bring jou pelle, pak jou feesgees en wees net lekke. En as dít nie waarde vir geld is nie, weet ons nie wat is nie! Innibos 2025: Waar lekkerness ’n nuwe betekenis kry!

Innibos hoofverhoog kunstenaarbekendstelling Dis GROOT, dis LOUD, dis LEKKER! Read More »

Skoolkreet Kompetisie: Wen Groot met Kurt Darren!

Hier’s ’n kans vir jou skool om R10,000 te wen! Ons nooi alle skole uit om deel te neem aan ons spesiale skoolkreet-kompetisie ter viering van Kurt Darren. (Innibos vereer vanjaar hierdie kunstenaar vir sy groot bydrae  tot Afrikaanse kontemporêre musiek). Dit is tyd om die gees hoog te hou en die lekkerste vibes na vore te bring! Wat moet julle doen? Kry ’n groep, of die hele skool – onderwysers, leerders en personeel – en neem ’n video waar julle in die saal of op die pawiljoen sing en dans op HOP HOP SPINNEKOP of enige ander Kurt Darren-treffer. Hoe groter die gees, hoe beter julle kans om te wen! Reëls en Reëlings vir die Kompetisie: Maak seker julle video sluit die volgende in: Die woorde: Innibos 3 tot 6 Julie in Nelspruit. LEKKERRRRRRRRRRRR! (dit moet verkieslik verbaal oorgedra word op ’n kreatiewe manier) ’n Baie duidelike vertoning van almal wat deelneem – hoe meer, hoe beter! Die video moet in portrait formaat geneem word (met foon regop gehou) Stuur asseblief jou inskrywingsvorm na naranda@innibos.co.za en plaas jul video op julle sosiale media platforms.  Collab asseblief met Innibos sodat ons kan seker maak dit is op jul skool en Innibos se blad. Klik hier om te sien hoe om te Collab Alle video’s moet voor 30 Maart op sosiale media wees, en jou inskrywing moet ook teen dié datum ingedien wees om vir die prys in aanmerking te kom. Ons gaan ’n publieke stem hou vanaf 30 Maart tot 7 April, waarna Innibos met ’n onafhanklike paneel die finale stem sal doen en die wenners sal aankondig. Wenners word op 11 April op ons sosiale media platforms en in die media aangekondig. So, bring julle skool se grootste gees en dalk is julle die gelukkige wenners van hierdie LEKKER prys! Dié wat Innibos al vantevore beleef het, weet dat dit ’n fees is wat telkens verras, en 2025 gaan beslis geen uitsondering wees nie. Maak seker jy mis dit nie: Innibos vind vanaf 3 tot 6 Julie plaas. Ons is besig om ’n nuwe hoofstuk te skryf – en jy is deel van die storie! Skoolkreet Kompetisie: Wen Groot met Kurt Darren! Skool Naam/School Name Provinsie/Province MpumalangaGautengLimpopoNoordwesWes-KaapNoord-KaapOos-KaapKwaZulu-NatalVrystaat Dorp/Town Orgiseerder Naam en Van/Organizer Name and Surname Kontaknommer/ Contact Number E-pos/Email Video voor of op 3 Maart 2025 op jul sosiale media geplaas en ge-“collab” met Innibos? BELANGRIK: Stuur ook video apart na naranda@innibos.co.za VIR NAVRAE, skakel Naranda by 072 447 5968 Klik hier om te sien hoe om te Collab

Skoolkreet Kompetisie: Wen Groot met Kurt Darren! Read More »

Innibos Span 2025

Span slaan nuwe blaadjie om

Span slaan nuwe blaadjie om Dieselfde lekker feesresep – net nóg lekkerder! Daar is groot opgewondenheid hier by Innibos, want ons beplan  sommer  heelwat opwindende veranderinge en nuwighede vir vanjaar se fees!  Met ons gedugte span aan stuur van sake, Andy Lubbe, Sandra Jacobs, Philna Scholtz, Adelene Niehaus, Pippa Botha, Alison Linde, en ons jongste nuwe lid, Naranda Leeuwner, werk ons hard daaraan om te verseker  dat vanjaar se Innibos jou voete onder jou gaan uitslaan! Innibos was nog altyd meer as net ’n musiekfees – dit is ‘n ervaring, ’n bymekaarkomplek van mense met ’n liefde vir musiek,  kos, kuns, lees, toneel en die onmiskenbare samesyn wat die fees so uniek maak. Met ’n splinternuwe uitleg vir die stalletjie-area en verhoogruimtes, ’n meer interaktiewe hoofverhoog met meer kuiertafels, veldlosies en bespreekte stoele tot teenaan die aksie, en opwindende aanbiedings regoor die feesterrein, is hierdie Innibos soos jy dit nog nooit beleef het nie. Voeg hierby van die land se top kunstenaars, en jy kan seker wees: daar wag lekkerness in oortreffende trap vir jou. Dié wat Innibos al vantevore beleef het, weet dat dit ’n fees is wat telkens verras, en 2025 gaan beslis geen uitsondering wees nie.  Die fees vind vanaf 3 tot 6 Julie in Nelspruit plaas. Tjirp-lede kan reeds op 26 Februarie kaartjies vir die feesdterrein, kuiertafels en bespreekte sitplekke koop. As jy nog nie ’n Tjirper is njie, klik hier om nou in te teken en al die Innibos nuus eerste te ontvang.

Span slaan nuwe blaadjie om Read More »

Kaartjieverkope vir die feesterrein open 28 Februarie op TicketPro

Innibos 2025: Lekkerder as LEKKER! As jy al gewonder het hoe dit voel om in ’n kultuurbom te staan wat op die punt is om te ontplof van LEKKERNESS, dan is Innibos 2025 nét die fees vir jou! Hierdie jaar bring ons ’n fees so dik met vermaak, gees en geurige kos, jy gaan dink jy’t ’n eersteklaskaartjie na ’n wêreldvertoning gewen. Nou, luister mooi: Gooi daai kleingeld in ’n spaarblik en begin planne maak, want voor jy kan sê Innibos, het jy genoeg ching-ching vir die fees van die jaar! Kaartjieverkope vir die Innibos feesterrein, kuiertafels en bespreekte sitplekke open 28 Februarie vir die publiek en reeds op 26 Februarie vir Tjirp lede! Begin vroeg bespreek – daai kuiertafels loop soos stroop!  Kyk, as jy dink Innibos is net ’n musiekfees, is jy dalk eenkeer in jou lewe verkeerd. Innibos IS die volronde feeservaring – die Full House van kuierplekke, die rrrrrr in LEKKERRRR, met ’n paar troefkaarte in die mou. By die Hoërskool Bergvlam-feesterrein kry jy nie net wêreldklas kunstenaars soos Francois van Coke, Kurt, Droomsindroom, Appel, die Piesangskille, Snotkop, Van Pletzen en nog vele meer op die hoofverhoog nie, jy kry sommer ’n Boma Kuierteater om by uit te hang vir stukkies teater, ’n Woelwaters kindervermaak-area en vir die wynliefhebbers – ja, ons sien vir julle – ’n Wingerd Kuiertuin waar jy jou glasie kan klink en die laaste bietjie stres uit jou skouers kan skud.  Ons spog ook met van die beste stalletjies in die land, sodat jy daardie ekstra unieke item kan koop wat jy beslis nodig het (al weet jy nog nie waarvan ek praat nie). Plus, drie kuierverhoë  met musiek, vermaak, verrassings en ’n atmosfeer wat só dik is van gees, jy gaan dit huis toe moet vat in botteltjies. Al hierdie vermaak is by jou feesterreintoegangsfooi ingesluit! Maak reg vir die grootste, LEKKERste en mees onvergeetlike Innibos nóg!  Ons sien jou daar!

Kaartjieverkope vir die feesterrein open 28 Februarie op TicketPro Read More »

Kyknet Fiestas Innibos 2025

Fiëstas 2025: Hier is die benoemdes

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was. Innibos is trots om aan te kondig dat dié fees al vyf keer “Fees van die Jaar” by dié toekenningsgeleentheid gewen het. Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in die veertien kategorieë bepaal.  Innibos is in twee kategorië by die  kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 benoem: BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKPRODUKSIE Die Saterdagaand Legendes-konsert is ‘n hoogtepunt van die fees, saamgestel deur Deedee en Floors Oosthuizen onder leiding van Murray Lubbe. Met ‘n vol orkes, vuurwerke en top kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Willem Botha, Brendan Peyper, Emo Adams, Swing City en nog meer, was dit ’n skouspel om te onthou! Die Musikale Meander was ’n unieke ervaring in die pragtige Sudwala-grotte met kunstenaars soos Zanta Hofmeyr, Stéfan Louw, Amira Willighagen en Charl du Plessis. Volgens Sandra Jacobs, Direkteur by Innibos, wil sy graag vir almal hartlik gelukwens vir elke benoeming in die verskeie kategorië. “Dis voorwaar ‘n groot prestasie en maak ons trots.”   Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid is op 27 Februarie by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad waar die wenners aangekondig gaan word.

Fiëstas 2025: Hier is die benoemdes Read More »

Innibos se perfékte WOW-faktor Kersgeskenk-idee

Kersfees sluip vinniger nader as wat jy wil erken, en hoewel jy dalk nog ‘n duisend dinge moet doen voor die feesseisoen aanbreek, gaan Innibos dit vir jou maklik maak. Want net soos julle, wonder ons ook wat om te koop vir daardie spesiale iemand wat reeds alles het.  Innibos het die antwoord vir ‘n perfekte WOW-faktor kersgeskenk-idee. Volgens Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van die Innibos Nasionale Kunstefees, is daar geen beter geskenk as ‘n WEEK-kaartjie vir 2025 se fees teen 2024 se prys van slegs R660 nie.  Volgens Jacobs is dit ‘n sakpas-idee wat jou ook tyd spaar,want kom ons wees eerlik, Innibos is net te lekker om te laat lê! Wat kan dan nou lekkerder wees as om te weet jy verskaf iemand drie dae se pret-sonder-grense vanaf 3-5 Julie 2025, op die LEKKERste feesgronde in die land! Jy kan verseker wees van toegang tot ‘n magdom stalletjies, musiekverhoë wat jou hart gaan laat sing, die Boma Kuierteater vir saam kuier en lag, Woelwaters vir die kleingoed, Die Wingerd Kuiertuin én ongelooflike aand vertonings met van Suid-Afrika se top kunstenaars. “Dit is die geskenk wat blywende herinneringe skep en dit is veel meer waardevol as ’n gewone Kersgeskenk,” voeg Jacobs by. Die 2024-pryse hou nie vir altyd nie, so gryp jou geskenkbewys nou teen R660 en gee die geskenk van vreugde, musiek en ongelooflike herinneringe! Klik hierdie skakel om jou geskenkbewys te koop

Innibos se perfékte WOW-faktor Kersgeskenk-idee Read More »

a LEKKER cherry on the festival cake!

Here comes the highlight for every culture and music lover’s social calendar – the Innibos National Arts Festival 2025, which is taking place from 3 – 5 July, in Mbombela (Nelspruit). This year the theme is LEKKER and we are searching for pop-up artists (Buskers) whose unique talents will be a LEKKER cherry on top at the festival. According to Sandra Jacobs, Marketing Manager of the Innibos Arts Festival, the skill and creativity of pop-up artists will add a little extra flavour to the beloved Lowveld festival. “From acrobatic stunts and miming to playing unusual instruments or even balancing a washing machine on your head – whatever you can do to entertain, it’s welcome!” “You can showcase your talents freely on the festival grounds, and we’ll give you the opportunity to set out a hat for tips,” she adds. What could be LEKKERDER than a festival filled with spontaneous, pop-up performers who can liven up the atmosphere anytime, anywhere?  Why should you apply? Because at Innibos, we believe LEKKER is more than just a taste – it’s a feeling, an atmosphere or vibe, and an experience you don’t want to miss! This is the perfect platform to share your artistic heart, and who knows, you might just bring the whole festival to a standstill with your unique talent. Important Information: BUSKERS Application Forms Successful applicants will be notified on 28 February 2025.  Afrikaanse aansoekvorm English application form Innibos offers every pop-up artist/busker free entry to the festival grounds and the opportunity to collect tips from festival-goers. We also request that performers be available for the entire duration of the festival, from 3 – 5 July. So, if you’re ready to share your art in the LEKKERSTE atmosphere the country has to offer, now’s your chance! Apply, showcase your talents, and make Innibos 2025 a LEKKER experience that festival-goers will remember for years to come.

a LEKKER cherry on the festival cake! Read More »

Boekliefhebbers: ATKV-Kuns-en Boeke-oase

Boek- en kunsliefhebbers kan vanjaar pitkos kry by Innibos Kunstefees se ATKV-Kuns- en Boeke-oase met topskrywers wat die fees bywoon. RSG-luisteraars kan ook kom “radio kyk” wanneer bekende omroepers van daar uitsaai. Die gewilde RSG-nuusprogram Spektrum sal op Donderdag, 27 Junie, en Vrydag, 28 Junie, onder leiding van Suzanne Paxton uitgesaai word van die oase. Saterdagoggend, 29 Junie, is dit die immergroen Derrich Gardner wat reeds om 6:00 agter die mikrofoon inskuif vir sy Brêkfis met Derrich”. Verskeie boekgesprekke word elke dag by die Boeke-oase gehou. Donderdag, 27 Junie, is die bekendstelling van digter Danie Marais se bundel Ek en jy bestaan nie met gesprekleier Danie du Toit van Spoegwolf. Hierdie bundel handel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om eerlik te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly. Om 14:00 gesels Leon van Nierop oor sy pas verskene Droomjagter. Bekroonde skrywer Etienne van Heerden en Amore Bekker kom vertel op Vrydag, 28 Junie, om 11:00 en 16:00 onderskeidelik van hul boeke Gebeente en Ek het ’n Engel gesien (stories van RSG-luisteraars soos byeengebring deur Bekker). Dr. Mathews Phosa gesels op Saterdag, 29 Junie, met Annemarie van der Walt oor sy Afrikaanse digbundel en twee geskiedenisboeke waarmee hy besig is, asook sy dekadelange verbintenis met die Afrikaanse kultuurlandskap. Phosa is ’n stigterslid en voorsitter van die direksie van Innibos. Om 13:00 op Saterdag, 2 Junie, gaan Riaan Grobler oor sy debuutroman, Geheime op Philadelphia gesels. Annemarie van der Walt is die gesprekleier wat hom ook gaan pols oor sy tweede roman waarmee hy tans besig is. ’n Gratis wynproe en praatjie deur Van Loveren word elke dag by die ATKV-Kuns- Boeke-oase gehou. Donderdag is dit om 15:00, Vrydag om 13:00 en Saterdag om 14:00.Hierdie wyne sal ook hier te koop aangebied word. Kunstenaars soos Coffee Snobs, Christof Berg, Alouise en Stix tree ook hier by die ATKV- Kuns- en Boeke-oase op. Buiten die boekgesprekke is die amptelike Innibos-kunsuitstalling Son of a Shopfitter, deur Luan Nel te sien in die uitstalruimte. Nel, vanjaar se feeskunstenaar, is ’n bekende Kaapstadse kunstenaar wat met dié uitstalling onder meer sy kindertyd herbesoek asook sy dwingende begeerte om sy kreatiwiteit uit te leef ondanks struikelblokke en beperkings. Toegang tot die ATKV- Kuns- en Boeke-oase is gratis.

Boekliefhebbers: ATKV-Kuns-en Boeke-oase Read More »

Scroll to Top