Kuns inni Liedjiebos UITSTALLING Skrywers en die publiek is uitgenooi om gedigte te skryf onder die tema VARS! 20 kunstenaars uit die Laeveld is gevra om een van hierdie gedigte te kies en dit te gebruik as inspirasie vir ʼn kunswerk. Hierdie kunswerke en die gedigte kan gesien word in ʼn kunsuitstalling by Christie’s at 32 on Russell vanaf Woensdag, 28 Junie 2023 tot Sondag, 2 Julie 2023. Die twintig kunstenaars wie se werke gesien kan word, is: Annalie Odendaal, Antjie Newton, Anton Bosch, Anton Pieters, Ayanda Nkosi, Braam van Wyk, Carel de Beer, Erica Schoeman, Esra Bosch, Eugené Wait, Hanli Bosch, Ilona Petzer, John Anthony Boerma, Linda Raath, Lizanne Barnard, Mariana Zwaan, Raymond Morse, Reinette Fourie, Reuben Mpangane, Theresa Prinsloo, Winston Thekiso. Hierdie is ‘n unieke uitstalling wat beslis gesien moet word. Carel de Beer Mariana Zwaan Ilona Petzer Theresa Prinsloo KUNS INNI LIEDJIEBOS GEKOSE GEDIGTE UITSLAG Met die Kuns Inni Liedjiebos-projek is die publiek gevra om gedigte te stuur vir moontlike oorweging om in hierdie produksie gebruik te word. ʼn Magdom pragtige gedigte is ontvang en dit het baie kopkrap gekos om daaruit te kies. Die volgende gedigte is gekies om deel van die musiekproduksie te wees: Vars Onthou – D Dannhauser Tussen dagbreek en drome- Loretta Szikra “Inni” bos- Jané Immerzeel Kry lewe! – Erica Schoeman Ontkiem – Mari Vorster Heuning- Jak.J Brits Soverby- Thomas Deacon Dwase Dae – Pieter W Grobbelaar Growth- Taylor van Deventer Dear Friend – Lizanne Barnard Dagbreek – Ilona Petzer Lidi se Rap – Lidi de Waal N Lyf – Lidi de Waal Die volgende gedigte gaan deur ʼn kunswerk uitgebeeld word en maak deel uit van die Kuns inni Liedjiebos-uitstalling wat gedurende die Innibosfees vanaf 28 Junie tot 2 Julie by Christies’ at 32 on Russell uitgestal gaan word: Op reis – Ludi Botha Tussen dagbreek en drome – Loretta Szikra Light the way – Magda Engelbrecht Saad – Erica Schoeman I am the eagle – Carel de Beer Uit die as … Tessa van der Merwe Boom – Ingrid Bezuidenhout Vlug – Andrea Sieberhagen Life is short – Lizanne Barnard Daar is … Elizabeth Meyer Brood en klip – Anne Marie van Eeden Fresh start of the hart – Christelle Olckers Kaapsehoop as hoop vervaag – Ingred Kiewiet Phoenix Firebomb – Denlan Molokwu (leerder van Curro Nelspruit) ʼn Seder val in Waterkloof – Erica van Jaarsveld Metaverse – Fresh find – Christelle Olckers Brook – Ilke Harley