Innibos

Nuus

Speel lag-lag klaar met al die sorge en stres by Innibos

’n Heerlike keuse van komedie om die gemoedere te lig is te sien by Innibos Kunstefees vanjaar. Innibos is van 27 tot 30 Junie in Mbombela. Hospitale en wat daarmee gepaard gaan, is geen grap nie, maar soms is ’n skaterlag of meer ’n dag presies wat nodig is om weer beter te voel. Die talentvolle Wynand van Vollenstee is die teksskrywer en regisseur van die Innibos-komedie Hospitale, kateters en familie-lede én is op die verhoog te sien in hierdie skreeusnaakse debuut. Saam met hom in die rolverdeling is Stephanie Baartman, Thiart Li en Marissa Claasen. Die vier akteurs vertolk altesaam veertien verskillende karakters wat in ’n hospitaal verskeie onvermydelike misverstande, verwarrende mediese prosedures en ’n bedenklike spyskaart die hoof moet bied om gesond te word. Daarby is die toestand van die mediese toerusting maar so-so. Dis asof slegs die skelhelder buisligte wat dag en nag brand, al is wat werk. As daar egter een ding is wat Suid-Afrikaners kan doen, is dit om tragiese oomblikke te omskep in iets verkwikkend humoristies. In die talle situasies wat die meeste mense iets van sal herken, is die deurlopende draad van omgee en hoe mense mekaar deur selfs die donkerste uur kan bystaan. Hospitale, kateters en familielede is te sien by Bergland Laerskool op Donderdag, 27 Junie om 16:00, Vrydag, 28 Junie om 10:00 en Saterdag, 29 Junie om 15:00. Kaartjies kos R190. Nico Luwes, bekende dramaturg en skrywer voorheen verbonde aan die departement drama van die Universiteit van Vrystaat, het ’n kortverhaal van die Russiese meester Anton Tsjechov verwerk as ’n klug waarmee menige rooiwynliefhebbers sal kan vereenselwig. Ou Wyntoon en die weerlose kreatuur gaan oor wanneer dit voel “asof sewe perdebye jou onder die toonnael gesteek het” en dit boonop vererger word deur ’n kermende vrou met haar eie agenda. Sy is ook glad nie so weerloos soos sy voorgee nie. Luwes se belangstelling in die klassieke skrywer Tsjekov van Rusland – ook die skrywer van die bekende Die Kersieboord – duur al dekades en hy het voorheen verskeie stukke verwerk. Esther von Waltsleben, Johann Nel en Jan-Hendrik Opperman is die trio wat teatergangers aan die skaterlag gaan hou. Klugte is heerlik oordrewe en net die ding om jou van die alledaagse sorge te laat vergeet. Kaartjies kos R190 en dit is te sien by Laeveld Laerskool op Donderdag, 27 Junie, om 10:00, Vrydag, 28 Junie, om 16:00 en Saterdag, 29 Junie, om 10:00. Schalk Bezuidenhout is slimmer, skerper en snaakser as ooit tevore in Mamma se groot seun. Dié standup debuteer by Innibos Kunstefees en aanhangers moet beslis nie gras onder die voete laat groei om kaartjies in die hande te kry nie. Daar is slegs een vertoning en wel op Saterdag, 29 Junie, om 12:00 in die Nelspruit Hoërskool Ouditorium. Kaartjies kos R180.

Speel lag-lag klaar met al die sorge en stres by Innibos Read More »

Feesterrein met al die regte bestanddele vir heeldag kuier

Innibos-feesgangers hoef nie te wag vir elke aand se superkonsert op die hoofverhoog nie, maar kan sommer vroegdag reeds lekker in die feesgees kom. Die Innibos Kunstefees in Mbombela is van 27 tot 30 Junie vanjaar, en die feesterrein by Hoërskool Bergvlam  open daagliks om 10:00. Op die feesterrein is nie minder nie as drie kuierverhoë. Die Nashua-verhoog is reg oorkant die hoofverhoog, die kykNET-verhoog in die Bosmôl en laastens die verhoog in die Wingerd Kuiertuin. Sangers wat deur die loop van die fees op die kuierverhoë gaan optree, sluit in Coffee Snobs, Damian Beer, Janie Bay, Natascha C, Jan-Mattys en John Rock Prophet. As jy lus het om kort en komiese toneelsketse te sien, is die Laevelder Boma-kuierteater die plek om te wees. Op die program is André die Skreeusnaakse Hipnotiseur wat jou sal laat skater van die lag. Trek sommer die waagmoedige skoene aan en wees ’n vrywillige deelnemer in dié vertoning om uit te vind wat jy bereid is om te doen onder hipnose. Wynand van Vollenstee is te sien in die Die Begrafnisrede oor die uitdagings wanneer die tydelike met die ewige verwissel word. Dit is ’n ligte blik op ’n netelige lewenskwessie. Ewe komies is die ander eenmanproduksie Draf, Boela! Draf! deur Tiaan Slabbert. Hy is in die rol van Boela Botha van die Moot in Pretoria wat in ʼn polisie-ondervragingskamer beland ná ’n klein mistykie wat eindelik ’n hele gemeenskap saamsnoer. Dik Deurmekaar is komedie met skerpskerts gekruis deur Mel die Storieverteller van internet-faam, terwyl die akteursegpaar Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman in Sewe Sakke Sout die konsternasies en blapse van 20 jaar se getroude lewe deel. Wees ook elke dag by die Laevelder Boma-kuierteater wanneer Francois Jacobs gesels met bekendes soos die rugbyman Hammie Wessels, akteurs van Binnelanders, en Brendan Peyper, wat dalk net ’n paar geheime gaan verklap oor die onlangse Op my eish! Om die Innibos-feesterrein te geniet met kleingoed kan soms uitdagend wees, maar met die propvol program van 11:00 tot 17:00 daagliks by die SPAR Woelwaters (in die skoolsaal) kan jy vir seker weet hulle word ook op ’n gepaste manier vermaak. Daar is onder meer die Fliep-Flappers (opvoedkundige kindertoneel), Kok en die lawwe rot, Miemsie en die vervlakste leeu, Ronnie die Renoster, ATKV-Storietyd, Spar Kolwyntjiepret, en speeltyd saam met FUN GALORE. Vir die kleinspan wat ingeteken is, is daar middagete, wat moontlik gemaak word deur SPAR en SUNBAKE. Daar is ook ’n aand-oppasdiens. Bekwame personeel sien na die kleintjies om teen ’n billike tarief. Vanjaar is daar ook ’n spesiale doekomruilstasie by SPAR Woelwaters wat geborg word deur SPAR Little Munchkins so jy hoef nie tussen ’n klomp vreemdelinge en op ’n ongemaklike plek te sukkel nie. By die doekomruilstasie is daar produkte van Little Munchkins wat jy gerus kan gebruik, asook ’n gemakstoel vir wanneer baba gevoed moet word. Hou ook ’n oog oop vir die flambojante buskers wat weer vanjaar oral op die Innibos-feesterrein te sien sal wees. Van steltlopers tot reusagtige poppe wat uit die bloute verskyn, gaan jou lekker verras en die mond laat oophang vir The Psychedelic Theatre-geselskap se akteurs.

Feesterrein met al die regte bestanddele vir heeldag kuier Read More »

Innibos-toneel bring die beste akteurs na die Laeveld

Van die room van Afrikaanse akteurs is vanjaar op die verhoog by die Innibos Kunstefees en Laevelders wat uitgehonger is vir goeie, komiese en meesleurende toneelstukke kan uit van die beste aanbiedinge kies. In ’n uiteenlopende verskeidenheid toneelstukke is onder andere Sandra Prinsloo, Rika Sennett, Adriaan Havenga, Cindy Swanepoel, Je-ani Swiegelaar, Louw Venter en Ben Albertyn te sien. ’n Tema wat in meer as een van die stukke aan die bod kom, is verhoudings, hetsy tusse pa en seun (Albatros), vreemdelinge wat meer van mekaar weet as te wagte (Forte), met die verlede en die self (Die Vrou op die Dak) en tussen ’n egpaar wat soos ’n Siamese tweeling aan mekaar gegroei het en nie weet hoe om die toekomstige pad afsonderlik aan te pak nie 1 (Een). Sandra Prinsloo en David Ralph Viviers lewer ’n kragtoer in Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Dié ellelange titel verklap iets van die oorgang na die hiernamaalse wat toe glad nie so glad verloop vir die karakter Nora (Prinsloo) nie, maar eerder voel soos die administratiewe chaos van ’n staatsdienskantoor. Viviers is ’n wenner van onder meer ’n Fleur de Cap-toneelprys, en het verlede jaar ook sy eerste roman die lig laat sien. Sy spel in Op die hoek… het teatergangers by die KKNK vanjaar se asem weggeslaan. In 1 (Een) laat val Cindy Swanepoel haar mantel as sepiester en pak sy saam met Zak Hendrikz ’n komiese en magiese teaterstuk aan onder die ervare regie van Alby Michaels. Hulle is die paartjie Hiss and Hirr wat so aan mekaar vasgegroei het en noudat hulle wil skei, is dit ’n hengse probleem. Dit is ’n tong-in-die-kies besinning oor die of die mens ooit bestem is om sy ander helfte te vind. Je-ani Swiegelaar is die Die Vrou op die Dak wat haar lewe in oënskou moet neem wanneer sy die kans om alles – van man tot huis – gaan verloor. Tussen die bakleiery met die huisslopers, haar bure en omstanders is die huis se dak haar toevlug. Daar lyk die blik op die wêreld darem anders, en bied dit dalk ’n uitkoms. Swiegelaar se spel in dié stuk is beskryf as “niks minder as buitengewoon en voortreflik nie”. Daar was al heelwat verhoogdramas oor ma’s en dogters, maar minder oor die verhoudinge tussen pa’s en seuns. Dit kom egter nou onder die loep in Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn waar die twee mans woorde probeer vind terwyl hulle saam aan ’n boot bou. Dit is een van die vlagskipproduksies by vanjaar se Innibos. Rika Sennett se toneelervaring kom tot sy volle reg in die drama Forte saam met Adriaan Havenga. Havenga, op sy beurt, is geen groentjie nie en in 2023 bekroon met twee Fiësta-toekennings. Hy was ook al te sien in episodes van Die Byl, Lui maar op Belinda en verskeie ander produksies. In Forte is hy ’n vreemdeling wat by ’n wêreldbekende tjellis (Sennett) se deur opdaag met ’n geheim wat hy diep bewaar. Die volledige Innibos-program is op innibos.co.za. Klik daar op die Ticketpro-skakel om kaartjies te bespreek. Buiten Vrou op die dak, is al die ander produksies moontlik gemaak deur die Nasionale Afrikaanse Teater Inisiatief (NATi).

Innibos-toneel bring die beste akteurs na die Laeveld Read More »

Musiekteater gaan jou oorrompel by Innibos

Vanjaar bied Inibos musiekteater aan met van langpadtroebadoers, ’n skouspel in die Sudwala-grotte en ’n boy band soos van ouds tot van die beste sangers en akteurs vir woord en lied op die verhoog. Indien jy verkies om jou musiek opgedis te kry in kleiner maat en in ’n knus omgewing, is Nataniël se vertoning op Donderdag, 27 Junie, in die Sudwala-grotte iets wat jy nie wil misloop nie. Soos altyd kan jy ’n skouspel verwag, maar ook stories wat aanspraak maak op deernis en daardie ietwat aweregse blik wat Nataniël op die alledaagse bied. Soos oudergewoonte word Nataniël begelei deur Charl du Plessis, gerekende Steinway-pianis, en met die uitsonderlike akoestiek van die grotte sal konsertgangers meegevoer kan raak. Kaartjies kos R300. Noem die name Valiant Swart en Koos Kombuis in een asem, en ’n mens word sommer oorval met nostalgie van toe dié manne jare gelede op die musiektoneel verskyn het. Elkeen het sy eie stempel afgedruk en het suksesvolle solo-loopbane, maar by Innibos is hulle vir die eerste keer in ’n lang tyd weer saam op die verhoog. Vir musikale bystand is die kitaarspeler Illimar Neitz daar om afronding aan ’n keurvertoning te gee. Kaartjies kos R190 (Hoërskool Nelspruit Ouditorium). Boy bands is deesdae miskien nie meer so volop soos ’n klompie jare gelede nie, maar daar is darem min wat by die energie en harmonie van ’n klomp geoefende manne kan kers vashou. Dít kry jy alles in die vertoning Boys R Back – The Ultimate Boy Band Show met Germandt Geldenhuys, Lee Scott, Reynardt Hugo, Ruan Josh en Willem Botha. Daar is Westlife se ballades, die ongetemperde energie van Backstreet Boys, treffers van One Direction, ook musiek van NSYNC, Hi-5 en die jongelinge van destyds, Eden. Gaan op ’n heerlike reis terug na die verlede en laat die musiek jou dinge en tye onthou wat jy al lankal vergeet het. Kaartjies kos R200 (Höerskool Nelspruit Ouditorium). Mixtape van die liefde is veral vir diegene wat ’n voorliefde het vir sterk lirieke. Al is dit ’n stewige ensemble wat hier hul talente in een pot bymekaar roer, is dit ’n meer intieme musiekteater ervaring. Saam met Anna Davel, wat die teks saamgestel het uit ’n bloemlesing byeengebring deur Antjie Krog, is Jana Cilliers, Mathys Roets, Johny Klein, Stephanie Baartman, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp. Hofmyer en Gropp doen ook die musiekregie. In die vertoning is dit liefde boweals, maar die stemme is divers en reik oor temas, kultuurgroepe en generasies heen. Dit is beslis ook nie net oor rooskleurige liefde nie, want ja, liefde is soms morsig en kan mense bietjie mallerig maak. Gee jou oor daaraan. Kaartjies kos R200 (Hoërskool Nelspruit Ouditorium).

Musiekteater gaan jou oorrompel by Innibos Read More »

Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns

Die ATKV-Kuns- en Boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Verskeie boekgesprekke word elke dag by die ATKV-Kuns- en Boeke-oase by Laerskool Nelspruit se kultuursentrum gehou. Etienne van Heerder kom vertel onder meer van die magiese gegewens in sy boek Gebeente, Leon van Nierop gesels oor sy pennevrug Droomjagter en Amoré Bekker verklap as samesteller meer oor Ek het ’n Engel gesien, wat bestaan uit 72 stories oor Suid-Afrikaners se ervaringe met hierdie hemelse wesens. Die debuutboek van Riaan Grobler, Geheime op Philadelphia, word bekend gestel. Grobler is ook bekend as sanger en radiopersoonlikheid. Die kersie op die koek is ’n boekgesprek met Dr. Mathews Phosa waartydens hy meer sal vertel van sy derde Afrikaanse digbundel waarmee hy besig is, asook twee geskiedenisboeke in wording. Mathews is ʼn stigterslid van Innibos Kunstefees en het ’n boeiende verbintenis met die Afrikaanse kultuurlandskap. Danie Marias stel sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie bekend en Danie du Toit van Spoegwolf-faam gaan met hom gesels. Hierdie bundel handel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om eerlik te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly. Buiten die boekgesprekke is die amptelike Innibos kunsuitstalling Son of a Shopfitter, deur Luan Nel te sien in die uitstalsaal. Nel is vanjaar die feeskunstenaar. Boeke en kuns gaan hand aan hand met rustige musiek en ’n lekker glasie wyn. Kunstenaars soos Coffee Snobs, Christof Berg, Alouise en Stix gaan hier optree en daar word daagliks ʼn wynproe deur Hetta Saunderson van Van Loveren aangebied. Feesgangers kan kom saamluister hoe RSG Spektrum op Donderdag, 27 Junie 2024 en Vrydag, 28 Junie 2024 om 12:00 vanaf die ATKV-Kuns- en Boeke-oase uitgesaai word. Die gewilde Brêkfis met Derrich word van 06:00 tot 10:00 op Saterdag, 29 Junie 2024, uitgesaai. Dit is ʼn op en wakker Saterdagoggendkuier met musiek, kompetisies, omgewingsake en motors aangebied deur die immergewilde Derrich Gardner. Al hierdie boekgesprekke en aanbiedings word gratis aangebied. Die ATKV- Kuns- en Boeke-oase by Nelspruit Laerskool Kultuursentrum is beslis ʼn besoek werd.

Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns Read More »

’n Toneelfees van debute by Innibos 2024

Teatergangers wat lank reeds uitgehonger is vir goeie toneelstukke kan maar hulle sit kry vir vanjaar se keurspyskaart tydens Innibos Kunstefees, waaronder vier debuutstukke. Daar is dramas wat jou sal laat nadink oor verlies, verhoudings op verskeie vlakke en berusting, terwyl die komedies vir welkome verligting verskaf, hoewel dit steeds heelwat stof tot nadenke bied. Een van die hoogtepunte is beslis om die ervare aktrise Rika Sennett weer op die verhoog te sien in die stuk Forté, saam met medespeler en Fiëstawenner Adriaan Havenga. Sennett speel die rol van ’n wêreldbekende tjellis wat ná haar man se dood nie weer ’n noot gespeel het nie. Dan daag ’n jong man ongenooid op by haar huis op en boonop blyk dit hy ken haar ten diepste. Dit is ’n raaisel, en die klimaks lê net soveel in die ontknoping daarvan as in die besondere sterk samespel tussen Sennett en Havenga. Die teks is geskryf deur Pierre-André Viviers, en die stuk is moontlik gemaak deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (Nati). Kaartjies kos R190 (Mbombela Stadsteater). Verhoudings, dié keer tussen ’n seun en sy pa, is die tema in Albatros, met Louw Venter en Ben Albertyn. Venter, bekend vir verskeie filmrolle waaronder in Konfetti, is ’n pa wat sy seun alleen moes grootmaak. Wanneer dié self ’n jong man is, doem die spoke uit pa en seun se verlede op. Hoe die mans wat so moeilik iets te sê kry hul weg na mekaar vind, is tegelyk tragedie én komedie, en beslis ook pitkos. (Ook moontlik gemaak deur Nati.) Kaartjies kos R190 (Mbombela Stadsteater). In die eenmanstuk Ballade vir ’n blikbrein skitter Luan Jacobs as Blikkies Bliknaut, ’n robot wat soos ’n mens lyk, maar hiperslimmer en hiper-sterker is. Teksskrywer Barry van Rensburg en regisseur Kaz McFadden tower ’n rol op vir Jacobs as bliksiel wat deur algoritmes voorgeskryf word, maar wie se grootste wens is om emosie te ervaar. Dit is ’n vars, deurdagte en humoristiese aanslag van ’n tema waaroor menigeen van ons wonder met die opkoms van kunsmatige intelligensie. Kaartjies kos R180 (Mbombela Stadsteater). Wynand von Vollenstee klim vanjaar uit sy vertroude Grotman se velle, en meld aan by die hospitaal. Saam met hom op die verhoog is Marissa Claasen, Tiart Li en Stephanie Baartman in Hospitale, kateters en familielede. ’n Mens weet sommer reeds hier kom ’n ding wat jou gaan laat lê van die lag. Presies hóé absurd dinge in ’n hospitaal kan word, word uit veertien verskillende karakters se invalshoeke vertel. Iewers gaan die kyker ’n situasie of drie herken. Daar is self ’n Duitse herdershond… Kaartjies kos R190. (Bergland Laerskool). Die volledige program en speeltye is by innibos.co.za. Kaartjies is te koop by TicketPro (ticketpros.co.za of volg die skakel van Innibos se webwerf.)

’n Toneelfees van debute by Innibos 2024 Read More »

Juanita du Plessis – Engel van ons harte

Juanita du Plessis se musiek kan jou eerbiedig stem, jou met hoop vul, jou uit volle bors laat saamsing of jou na jou dansskoene laat gryp. Sy is tans die mees bekroonde sangeres in Afrikaans en spog met ’n ongeëwenaarde drie miljoen in plateverkope. Vir die afgelope 26 jaar geniet sy ikoniese status in die musiekbedryf. Sy is ’n toonbeeld van veelsydigheid, ewe tuis met kontemporêre pop, country, gospel of dansmusiek. Dié ongekunstelde meisie van Namibië oorrompel die musiekarena in 1998 met die album Juanita en in dieselfde jaar stap sy as beste sanger en beste liedjieskrywer by die Country Music Association van Namibië se toekenningsgeleentheid weg. Hierná verander alles waaraan sy raak in goud, of platinum. Die liedjie “Ska-Rumba” van haar volgende album Ek en Jy was onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het sy 22 albums en 7 DVD’s uitgereik en elkeen het Goue of Platinum status bereik. Met haar 2003 album Jy is bereik Juanita ’n besondere mylpaal – sy is die eerste Afrikaanse sangeres om die nr. 1-posisie van RSG se amptelike verkoperslys, wat nasionale en internasionale verkope insluit, te beklee. Haar 2007 album Vlieg hoog behou steeds die titel as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye. Juanita word in 2012 die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 miljoen albums in Suid-Afrika te verkoop. In 2023 verras sy deur die prettige dansliedjie “Liewe Jinne” op TikTok vry te stel. Sy is veral trots op twee van vele toekennings. Die SAMA-toekenning vir Engel van my hart, wat sy self regisseer en wat Platinumstatus bereik nog voordat dit die rakke tref. En haar Ghoema Diamant Toekenning vir Beste Afrikaanse verkoper in die Geskiedenis van Suid-Afrika. Of jy nou ‘woke’ of oud is, daar sal ’n Juanita-liedjie wees wat jou hartsnare roer. Innibos vereer haar graag vir haar ryk diskografie en haar lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek.

Juanita du Plessis – Engel van ons harte Read More »

Kunsuitstalling

Art Exhibition: Son of a shopfitter ATKV-Kuns- en Boeke-oase (Nelspruit Laerskool Kultuursentrum) Tuesday 25th June – Saturday 29th June Walkabouts: Thursday, 27 June 10:00 and 14:30; Friday 28 June 10:00; Saturday 2 June 10:00 and 14:30. Luan Nel is an artist whose journey is intricately woven through the tapestry of familial legacy and the ceaseless pursuit of artistic independence. As we embark on this exploration of Nel’s exhibition, “Son of a Shopfitter,” we are invited into the intimate sanctum of his childhood, where the act of drawing and painting became a refuge from the constraints of pre-drawn lines and prescribed colours. Nel’s early years unfold in a backdrop of a shopfitter father, whose artistic inclination and ‘moenie-met-my-fok-nie’ attitude left an indelible mark on the artist. Through the lens of memory, we witness the creative escapades fuelled by wood glue and printer paper, constructing narratives in the open veld behind newly developing suburban houses. The narrative evolves, echoing the influence of Dad’s shopfitting on Nel’s discovery of fashion, mannequins, and the dream of becoming a window dresser. “Son of a Shopfitter” becomes a testament to Nel’s navigation of identity, with a spotlight on his experiences as a gay Afrikaner son. As we delve into the thematic threads of Nel’s work, the concept of ‘display’ emerges, from childhood murals to intricate paintings like “Cacophony” and “Memoriam.” The exhibition gracefully guides us through the interplay of nostalgia, loss, and the artist’s attempt to find closure. Nel’s journey takes a poignant turn with the exploration of his father’s art, a reconciliation with the past, and an attempt to step into the shoes of the man he lost to suicide. The narrative unfolds with rich symbolism, exploring masculinity, identity, and the legacy of an artistic lineage. The exhibition continues to unravel through the vibrant canvases of Nel’s alter ego, Donatella Visagie, a character born from the artist’s fascination with costume and drag. Through performances like Matita Magica, Nel bridges the worlds of art and everyday life, blurring the lines between reality and performance. As we navigate through Nel’s compelling visual language, “Son of a Shopfitter” emerges as a profound exploration of the self, intertwined with family, identity, and the relentless pursuit of artistic expression. Join us in this immersive experience, where each stroke of the brush becomes a whisper of Nel’s unique journey – a journey that transcends the canvas and speaks directly to the heart.

Kunsuitstalling Read More »

Scroll to Top