Kom lag lekker saam by Toyota Innibos 2025
Kom lag lekker saam by Toyota Innibos 2025ân Fees vir jou lagspiere! By Toyota Innibos 2025 gaan dit oor een ding: LEKKER saam feesvier â en LEKKER saam lag! Die 21ste verjaarsdag van hierdie geliefde kultuurfees val saam met Afrikaans se eeufeesvieringe, en dis juis hoekom die program vanjaar propvol kwaliteit komedie is. Dis ân tyd om te ontspan, die bolla los te maak en jou lagspiere behoorlik aan die werk te sit. En waar beter om dit te doen as in een van die vele teaters waar die land se beste akteurs en regisseurs jou kom vermaak? “Geagte Kampeerders” een van die feesdebute, is geskryf en aangebied deur Wynand van Vollenstee, met Thiart Li aan sy sy. ân Opsigter, eienaar en bestuurder van Willewaters Kampeerterrein verwelkom elke Desember die Transvalers met ope arms, tot ân rampspoedige wending alles op hol jaag. NĂłg ân debuut, “Kry vir jou ân tux, Thomas”, bring groot name soos Dean-John Smith en Marion Holm na die verhoog. Tessa Slabbert weier om haar eksman se sogenaamde âtoekenningâ te aanvaar as ân afskeidsgroet. Thomas moet haar oorreed om die funksie by te woon, wat lei tot ân onwaarskynlike ooreenkoms vol emosie, lag en konfrontasie. Vir diegene wat hou van gevestigde gunstelinge is daar ook klassieke komedies wat terugkeer na die planke, elk met ân vars aanslag en geliefde akteurs. “Ouma is op pad” bring weer die immergewilde Dolla, vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck, terug op die verhoog. Hierdie stuk is ân reis vol hart, wysheid en die soort wyshede wat net ân ouma kan kwytraak. Dan is daar ook die immer gewilde “Moord met ân T”, met drie legendes: Tobie CronjĂ©, Ignatius van Heerden en AndrĂ© Lotter, wat die verhoog aan die brand speel. “Marion Monroe” is ân eerlike en heerlike komedie waarin Marion Holm met humor en styl vra: wat maak jou, jy? En, “Vlerksleep” is ân skreeusnaakse komedie oor die chaos en komedie van blinde afsprake, met ân sterbelaaide rolverdeling en ân vars kyk op liefdesvermaak, geskryf deur Peter Quilter, en in Afrikaans vertaal deur Frans Swart met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen. Met hierdie ongelooflike keuse van produksies is dit duidelik: Toyota Innibos 2025 is ân fees waar jy jouself kan verloor in stories, lag tot jou kake seer is, en weer met nuwe energie huis toe gaan. Kom sit terug, kom ontspan, en kom beleef wat Afrikaanse komedie alles kan wees. Jou sitplek wag â en jou lagspiere ook! Kaartjies beskikbaar by Ticketpro. Volledige program beskikbaar op www.innibos.co.za op Facebook, Instagram en TikTok.
Kom lag lekker saam by Toyota Innibos 2025 Read More »








