Innibos slaan ’n nuwe blaadjie om! Met ’n splinternuwe webwerf en ’n opwindende tema vir 2027 is ons reg om nóg meer onvergeetlike oomblikke saam met feesgangers te skep.
Ons nuwe webwerf, innibos.co.za is vars, gebruikersvriendelik en propvol alles wat jy nodig het om jou Innibos-ervaring te beplan. Van programme en kaartjieverkope tot spesiale aanbiedings en vele meer. Alles is nou binne jou bereik. Minder soek, meer fees!
En dan is daar nóg iets om oor opgewonde te raak. Ons kondig met trots Innibos 2027 se tema aan: Oomblikke – Maak elke oomblik tel!

Want dis juis wat Innibos so besonders maak: oomblikke van vreugde, musiek, lag, opwinding en saamkuier. Die onverwagse oomblikke wat jou asem wegslaan, die herinneringe wat jy saam met jou mense bou en die klein dinge wat lank ná die fees nog ’n glimlag bring.
In 2027 wil ons elkeen aanmoedig om in die oomblik te wees, elke geleentheid aan te gryp en nuwe herinneringe te maak. Want die mooiste oomblikke kan nie altyd beplan word nie, maar jy kan sorg dat jy daar is om dit te beleef!
Moenie die oomblik misloop nie!
Die Innibos spanbestuur is reeds hard aan die werk om die tafel vir volgende jaar te dek!
Besoek ons nuwe webwerf by www.innibos.co.za, maak gereed vir Innibos 2027 en begin solank uitsien na ’n fees waar elke oomblik tel!
