Toyota Innibos het ’n Top 3-posisie in die kategorie Best Digital Media Placement by die Media Awards behaal – ’n prestasie waarop ons besonder trots is!
Innibos is ook in die volgende kategorieë genomineer:
- Best Video Insert
- Best Studio Maintenance
- Best Digital Media Post
Dit was ’n groot voorreg om hierdie besondere geleentheid by die SunBet Arena in Pretoria by te woon. Kunstenaars soos Loren Allred (The Greatest Showman), Elvis Blue, Tarryn Lamb en Elandré het wêreldklasvermaak gelewer, aangevul deur ’n indrukwekkende visuele skouspel.
’n Opregte woord van dank aan Ontbytsake vir hul ondersteuning van Toyota Innibos en vir die rol wat hulle speel om die fees se verhaal jaar ná jaar met Suid-Afrika te deel.
