Long Tom Toboggan-pretrit saam met Die Piesangskille
Wo 2 Jul 11:00
Met Die Piesangskille, Daniël Marais en Johan Balt.
Kom geniet hierdie pretrit deur die berge in die Long Tom-pas saam met die gewilde Piesangskille. Die Long Tom Toboggan is die langste toboggan-baan in Afrika met ’n indrukwekkende 1,7 kilometer baan. Jy klim op die Long Tom Toboggan-karretjie en woerts met ’n spoed van 45 kilometer per uur deur die pragtige natuur vol veldblomme, oop grasvelde en dennewoude tot by Misty Mountain. Met die wind deur jou hare is hierdie ’n opwindende rit wat jou asem gaan wegslaan. Dit sluit die busrit tot daar, die pretrit op die Toboggan, ’n heerlike middagete saam met Die Piesangskille en ’n spesiale pret-pet met die komplimente van Long Tom Toboggan en Misty Mountain in.
Trek gemaklike klere en tekkies aan, maar onthou dit is yskoud in die berge. Hierdie beloof ’n ongelooflike belewenis vir die jongklomp.
Produksie Inligting
Gradering: Geen 0/15. Spesiaal vir 15- tot 25-jariges.
Venue: Long Tom Toboggan, Misty Mountain
Tydsduur: 240 min
Prys: R405
Moontlik gemaak deur Long Tom Toboggan en Misty Mountain se bestuur.