’n Langtafel-ervaring, iewers in die laeveld vir die kieskeurige fynproewer.
Wo 2 Julie 16:00 – 23:00
Kontakpersoon: Lizette Gerber (084 406 6861)
Word weggevoer na ’n unieke, geheimsinnige leefstyl ervaring in ’n semi-formele atmosfeer waar die natuurskoon van die Laeveld jou begroet. ’n Sewegang-maaltyd met lewendige kontemporêre agtergrondmusiek en goeie geselskap rond die spyskaart vir ’n onvergeetlike aand af. Kom deel in ’n kulinêre koservaring soos nét die Laeveld en sy mense dit met styl en finesse kan bedien.
Produksie Inligting
Venue: Onbekende Laeveld bestemming
Koste: R2450 / pp Sluit vervoer, ete en water in.
Bespreek: www.laeveldlangtafel.co.za
E-pos: bookings@laeveldlangtafel.co.za [elektroniese betalings]
Facebook: Laeveld Langtafel . Instagram: @laeveldlangtafel