Innibos

KARjakker deur die Bybel

Met Clarissa Jooste

Hierdie opwindende nuwe bordspel deur Jakkie Louw is om kinders op ’n prettige en interaktiewe manier te leer van Bybelkarakters en -verhale. Hierdie speletjie kombineer die opwinding van spel met die rykdom van Bybelse onderrig. Die spel is vermaaklik, maar terselfdertyd opvoedkundig met die fokus op waardes soos samewerking, respek en die belangrikheid van geloof. Hierdie spel is ’n avontuur wat kinders help om ‘n liefde vir die Bybel te kweek.

Dit is ’n waardevolle toevoeging tot enige gesinsaktiwiteit en ‘n wonderlike manier om die volgende generasie te inspireer.

Produksie Inligting

Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.

Scroll to Top