David Dee Magic
Met David Dee
David Dee is die Laeveld se eie snaakse kul- en verhoogkunstenaar. Hy bied elke dag ʼn nuwe opwindende vertoning vir die kleinspan aan wat hulle na hulle asems sal laat snak. Met sy skerp humorsin vermaak hy oud en jonk. Verwag kulkunsies, ballonne en kom staan in verwondering hoe hy ʼn spul balle in die lug hou!
Kom kuier saam met David Dee – jy sal nie ʼn oomblik verveeld wees nie. Topvermaak uit die boonste rakke!
Produksie Inligting
Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.
Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.