Innibos

Felias en Pokkel

Met Jakkie Louw en Clarissa Jooste

Hierdie splinternuwe poppekas-konsert handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel wil weet waar melk, koffie, plastiek en die suiker vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou!

O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook! Snaaks, oorspronklik met hope pret. Stemme deur Lizz Meiring, Hannes Brummer en Richard van der Westhuizen.

Produksie Inligting

Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.

Scroll to Top