KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming
KUNS GROEPUITSTALLING Tuiskoms/Homecoming Innibos bied met trots ’n groepsuitstalling aan wat kunstenaars ten toon stel wie se artistieke talent geïnspireer is deur die diverse en unieke natuurskoon van die Laeveld en Mpumalanga. Die Laeveld word allerweë beskou as ’n streek met ’n ryk biodiversiteit, en die omgewing se energie en lig, sowel as sy ryk plant- en dierelewe, inspireer kunstenaars al eeue lank. Daarbenewens bied die kulturele diversiteit van die omgewing ’n artistieke platform waarbinne ’n wye reeks sosiale dinamika verken kan word. Hierdie uitstalling verken spesifiek hoe die Laeveld die werk van kunstenaars beïnvloed het – dié wat hier woon, sowel as dié wat tyd hier spandeer het en nou elders woon, maar steeds hul ervarings en die omgewing se invloed in hul kreatiewe uitdrukking vergestalt. Ons kyk spesifiek na kunstenaars uit ons artistieke diaspora, wat nou regoor Suid-Afrika en selfs oorsee hul merk maak. Ons sluit ook die minder bekende kunstenaars in, wat al lank in die gebied gewortel is en deel vorm van ons ryk artistieke erfenis. Hierdie veelvlakkige uitstalling bied werk in groot- tot kleinskaalse formaat, in ’n verskeidenheid mediums, insluitend skilderkuns, beeldhouwerk en keramiek. ’n Paar werke deur die feeskunstenaar Reuben Mpangane sal ook vertoon word. Die uitstalling sal op 2 Julie geopen word deur Me L Mabuza, LUR van die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning. Meer Inligting Opening: Dinsdag 1 Julie 2025 om 18:00 der LUR L Mabuza Galery-ure: Daagliks tussen 10:00 en 17:00 Begeleide Rondleiding: 12:00 en 15:00 daagliks Venue: Innibos Kunsgalery by die Bergvlam Hoërskool Restaurant Deelnemende kunstenaars: Reuben Mpangane, Erica Schoeman, Odette Saayman, Mariana Zwaan-de Bruin, Winston Thekiso, Bob Mnisi, Ingrid Uys, Wendy Sippel, Lisa Tristram, Annalie Odendaal, Wendy Malan, John-Anthony Boerma, Leigh Voigt, Matthew Koster, Michael Selekane, Maria Pienaar, Cyril Chiburre Kurator: Dana MacFarlane
KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming Read More »