Innibos

Boeke

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid Gesprekleier: Annemarie van der Walt ’n Boek is vir die siel soos wat ’n slypsteen vir ’n swaard is. Innibos vereer vanjaar geliefde skrywer, Dana Snyman. Hy noem homself ‘n storiesmous, maar is veel meer – hy skryf rubrieke, kortverhale, eenmanvertonings, romans en het selfs sy eie televisiereekds gehad. Dana Snyman is volksbesit en sy skryfwerk is toeganklik vir die breë publiek. ‘n Hele program met Wilhelm van der Walt, Lizanne Barnard, Adam Helberg, Stephanie Baartman en Eugené Wait is rondom sy skryfwerk opgestel en dit is waarmee Innibos wil sê: Dankie, Dana, vir al die genot wat jou skryfwerk die leser oor die jare verskaf het. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Dankie Dana! – Dana Snyman Vereringsgeleentheid Read More »

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Annemarie van der Walt Tussen die mooi landskappe van Caledon ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik op 7 Augustus 2024, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, ondersoek die gebeure wat gelei het tot dié tragedie en die drie kinderslagoffers wat deur die stelsel gefaal is: Die 17-jarige seun, wat vier jaar tevore aangekla is van die verkragting van ’n 11-jarige meisie; hierdie getraumatiseerde meisie, wat moes toekyk toe die seun steeds aan sy ouers se toesig oorgelaat word sonder enige staatsintervensie; en Deveney, wat hy vermoor het by sy nuwe skool, waar niemand van sy verlede geweet het nie. As misdaadverslaggewer vir Rapport, het Julian Jansen van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie, om die gebeure te rekonstrueer en om die vermoorde Deveney Nel te eer. Kom luister na hierdie bekroonde ondersoekende joernalis se insig oor moordsake en waarom daar so baie moorde op Stellenbosch is. Hy is die skrywer van die topverkoperboeke Die De Zalze-moorde, Seuns sonder pa’s en Moord op Stellenbosch. Hy woon in Strand, Kaapstad. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Julian Jansen – Die moord op Deveney Nel Read More »

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Hancu Louw ’n Jong man, pas afgestudeer, begin sy loopbaan by ’n kleinerige apteek in Bloemfontein. Maar hy is gou ontnugter met sy lot – is hierdie sinlose bestaan al wat vir hom voorlê vir die volgende sestig jaar? Wanneer hy toevallig afkom op die geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas À Kempis, begin hy eensklaps droom oor ’n asketiese lewe as monnik, iewers verafgeleë en afgesonder – weg van geldmaak en ambisie. Op die vooraand van sy reis na ’n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het ’n verlangse oom wat self ’n Katolieke priester geword het, wat nou as afgetredene woon in die hartjie van Parys. So begin ’n kosbare vriendskap tussen ’n bejaarde pater in Parys en ’n ietwat verlore siel uit die Vrystaat. Dit is ’n teer roman oor die soeke na identiteit, na vrede en betekenis, maar bowenal oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Johannes de Villiers – Op pad na ’n klooster in die sneeu Read More »

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Sanett Oosthuizen Maklik met Marinda bevat nostalgiese huiskos, sonder fieterjasies of vreemde bestanddele wat jy in ’n japtrap kan berei. Al die immergroen gunstelinge vir skaap- en beesvleis, hoender, vis, vark, brood, rys, randrekkerpastas, sappige bykosse, soettandgenot en gebottelde slaaie, souse en konfyte is daar. Die staatmakerresepte is in doodeenvoudige stappe vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik. Marinda is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ’n bietjie kleur voorgesit word. Sy was die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147. Dit is haar vierde kookboek dié. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Marinda Engelbrecht – Maklik met Marinda Read More »

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou uitgegee deur NB Uitgewers Gesprekleier: Sanett Oosthuizen Francois van Coke, die voorsanger van die omstrede rockgroep Fokofpolisiekar, vertel in hierdie biografie in sy eie stem aan Annie Klopper die gebeure wat hom oor die jare as mens en musikant gevorm het. Sy stories is by tye skreeusnaaks, ander kere verstommend, skokkend of indrukwekkend. Dit vermaak en ontroer. Francois se perspektief op alles word gebied: van die Eisteddfodbeoordelaars wat hom op die ouderdom van ses ’n “streep” vir sy sang gegee het – nie eens eervolle vermelding nie – tot sy opgang in Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, sy deurbraak as solokunstenaar met die liedjie Toe vind ek jou en sy rol as afrigter op The Voice. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies en vuisgevegte, bedwelmde aande, desperate dae, nagte in tronkselle, detoks en soberheid. Daar is ook sy groot liefde, Lauren, en die geboorte van sy kinders wat sy lewe verander het. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou. Annie Klopper is ʼn skrywer, taalpraktisyn en oud-musiekjoernalis. In 2011 het sy Biografie van ʼn Bende oor die rockgroep Fokofpolisiekar vrygestel. Daarna het sy ʼn doktorale studie oor Afrikaanse rap-musiek voltooi. Haar gedigte verskyn in verskeie publikasies. Haar roman, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, is in ’n fliek omskep. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Francois van Coke en Annie Klopper – Hoe ek dit onthou Read More »

Elize Parker – Waar doringbome sing

Elize Parker – Waar doringbome sing uitgegee deur Penguin Gesprekleier: Annemarie van der Walt. Die Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na onlangse gebeure … Lenore worstel met verlies en haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating verder verdiep. Bella, wat jonk al wees gelaat is, begeer ’n familie van haar eie en jaag die ideaal van ’n familie na, maar miskien is daar tog ’n kring liefde vir haar bedoel al lyk dit anders as haar verwagtinge. Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar geestelike toewyding dat sy nie besef haar sendelingbestaan het ’n selfopgelegde prys geëis nie. Miskien lê die antwoorde op haar grootwordplaas … Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Elize Parker – Waar doringbome sing Read More »

ATKV-Boeke-Crawl

ATKV-Boeke-crawl Do 3 Julie 15:00 en 17:00 Busse vertrek stiptelik vanaf NG Kerk Westergloed se parkeerterrein, Koraalboomstr. 36. Met Susan Coetzer,Jack & June, Elvis Blue, Anna-Mart van der Merwe, Frazer en Deniel Barry en Johny Klein. Die ATKV-Boeke-crawl is ʼn lekkerte vir elke feesganger wat hom verwonder oor die Afrikaanse taal wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal vier. Kom luister na die krag van die woord, hetsy ʼn fragment uit ʼn roman, ʼn kortverhaal wat jou laat regop sit, ʼn trefseker gedig of ’n lied met ’n liriek wat jou aan die hart gryp. Feesgangers kry ʼn doppie-koppie met ʼn knertsie Van Loveren muskadel en ʼn serp om die ergste koue van die mistieke dorpie, Kaapsehoop, te besweer. Daar is drie aandoenplekke waar daar rondom boeke, woorde en wysies gekuier gaan word. Die eerste aandoenplek is Bohemian Groove Café waar Susan Coetzer fragmente uit haar nuwe roman, Haas en Harriet gaan voordra terwyl die ongelooflike duo Jack & June die bypassende hoendervleismooi musiek gaan verskaf. Die tweede aandoenplek is die kapel by Silver Mist Country Inn waar Anna-Mart van der Merwe tekste van letterkundiges gaan voorlees om die prag van die Afrikaanse taal te vier, terwyl Elvis Blue se sielvolle musiek die wonder en krag van liriek en melodie illustreer. Dan stap die feesgangers na Silver Mist Funksiesaal waar Afrikaanse humor onder die loep kom. Akteur Johny Klein gaan aan humoristiese juweeltjies uit die pen van onder andere Audrey Blignaut, André P Brink en Japie Coetzee gestalte gee terwyl die bekende Deniel en Frazer Barry deur hulle feestelike sang ‘n glimlag op feesgangers se gesigte gaan sit. Die perfekte manier om die genotvolle aand mee af te sluit. Busse vertrek stiptelik vanaf NG Kerk Westergloed se parkeerterrein, Koraalboomstr. 36. Produksie moontlik gemaak deur die ATKV en ondersteun deur Bohemian Groove Cafè, Silver Mist-gastehuis, Van Loveren-wyne en Buscor. Met woorde, sinne, verse, verhale en musiek is die ATKV-Boeke-crawl ʼn unieke en eiesoortige woordreis wat beslis nie misgeloop moet word nie. Hongerpyne word afgeweer deur ligte verversings by die aandoenplekke. Bring ʼn warm jas, mus, kombers. Kaapsehoop is koud! Laataand keer die busse weer terug na Mbombela. Produksie Inligting Plek: Kaapsehoop Tydsduur: 260 minute Prys: R350 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit) Gradering: Volwassenes Moontlik gemaak deur Long Tom Toboggan en Misty Mountain se bestuur. Koop Kaartjies Koop Kaartjies

ATKV-Boeke-Crawl Read More »

Scroll to Top