Innibos

Johannes de Villiers - Op pad na ’n klooster in die sneeu uitgegee deur NB Uitgewers

Gesprekleier: Hancu Louw

’n Jong man, pas afgestudeer, begin sy loopbaan by ’n kleinerige apteek in Bloemfontein. Maar hy is gou ontnugter met sy lot – is hierdie sinlose bestaan al wat vir hom voorlê vir die volgende sestig jaar? Wanneer hy toevallig afkom op die geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas À Kempis, begin hy eensklaps droom oor ’n asketiese lewe as monnik, iewers verafgeleë en afgesonder – weg van geldmaak en ambisie.

Op die vooraand van sy reis na ’n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het ’n verlangse oom wat self ’n Katolieke priester geword het, wat nou as afgetredene woon in die hartjie van Parys. So begin ’n kosbare vriendskap tussen ’n bejaarde pater in Parys en ’n ietwat verlore siel uit die Vrystaat. Dit is ’n teer roman oor die soeke na identiteit, na vrede en betekenis, maar bowenal oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self.

Produksie Inligting

Plek: Die ATKV-Boeke-oase

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister.

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken!

Exclusive Books-Boektafel

Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Scroll to Top