Innibos

Dankie Dana! - Dana Snyman Vereringsgeleentheid

Gesprekleier: Annemarie van der Walt

’n Boek is vir die siel soos wat ’n slypsteen vir ’n swaard is. Innibos vereer vanjaar geliefde skrywer, Dana Snyman. Hy noem homself ‘n storiesmous, maar is veel meer – hy skryf rubrieke, kortverhale, eenmanvertonings, romans en het selfs sy eie televisiereekds gehad. Dana Snyman is volksbesit en sy skryfwerk is toeganklik vir die breë publiek. ‘n Hele program met Wilhelm van der Walt, Lizanne Barnard, Adam Helberg, Stephanie Baartman en Eugené Wait is rondom sy skryfwerk opgestel en dit is waarmee Innibos wil sê: Dankie, Dana, vir al die genot wat jou skryfwerk die leser oor die jare verskaf het.

Produksie Inligting

Plek: Die ATKV-Boeke-oase

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister.

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken!

Exclusive Books-Boektafel

Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Scroll to Top