Innibos

Iets Anders

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma ‘n Hartsgesprek gebeur oor ‘n koppie tee. Hierdie gewilde kykNET-program Koppieteefontein is al in sy 7de seisoen en steeds is die kykers gek daarna. Nou kan feesgangers eerstehands ervaar hoe daar oor ‘n koppie tee uit Jak de Priester se pragtige teepotte gekuier word. Hy gesels met Glam Guru se Hannon Bothma. Om na foto’s te kyk wat deur die loop van die gas se lewe geneem is, maak hierdie onderhoudvoering nog meer spesiaal. “Om met ’n koppie in die hand tee te kuier, kom ‘n mens werklik by die ware emosies en gevoelens van die gas uit,” sê Jak. Die interessante unieke teepotte wat Jak aan die einde van elke program aan sy gaste gee, gaan ook by Innibos uitgestal en te koop aangebied word. Kom loer in by Koppieteefontein by die ATKV-Boeke-oase waar ons lief is vir Afrikaans en kuns en kultuur, waar jy kan koop en kuier en lekkerkry en dalk net nuwe vriende maak. Produksie Inligting Plek: Die ATKV-Boeke-oase Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister. Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken! Exclusive Books-Boektafel Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Koppieteefontein – Jak de Priester gesels met Hannon Bothma Read More »

Poetry Slam

Poetry Slam Sat 5 Jul 15:00 – 19:00 Words in my Mouth is a poetry platform in Mbombela with the aim to promote arts in general in the city, as well as giving up and coming poets the opportunity to perform. In the first session the poets’ duets will take place where poems will be delivered in different languages. Come listen to poems in English, Siswati and Afrikaans. After a successful All Woman Poetry Slam it is back on Saturday. Come hear how powerful women can articulate matters from the heart. This is the coolest place to be during Innibos 2024. Call Menzi Mkhonza on 073 512 1435 or visit www.wordsinmymouthpoetry.co.za to find out more about the slam vibe! Production Information Venue: SA Moz Flavor, 56 Ferreira Street Cover charge: R20

Poetry Slam Read More »

Long Tom Toboggan-pretrit saam met Die Piesangskille

Long Tom Toboggan-pretrit saam met Die Piesangskille Wo 2 Jul 11:00 Met Die Piesangskille, Daniël Marais en Johan Balt. Kom geniet hierdie pretrit deur die berge in die Long Tom-pas saam met die gewilde Piesangskille. Die Long Tom Toboggan is die langste toboggan-baan in Afrika met ’n indrukwekkende 1,7 kilometer baan. Jy klim op die Long Tom Toboggan-karretjie en woerts met ’n spoed van 45 kilometer per uur deur die pragtige natuur vol veldblomme, oop grasvelde en dennewoude tot by Misty Mountain. Met die wind deur jou hare is hierdie ’n opwindende rit wat jou asem gaan wegslaan. Dit sluit die busrit tot daar, die pretrit op die Toboggan, ’n heerlike middagete saam met Die Piesangskille en ’n spesiale pret-pet met die komplimente van Long Tom Toboggan en Misty Mountain in. Trek gemaklike klere en tekkies aan, maar onthou dit is yskoud in die berge. Hierdie beloof ’n ongelooflike belewenis vir die jongklomp. Produksie Inligting Gradering: Geen 0/15. Spesiaal vir 15- tot 25-jariges. Venue: Long Tom Toboggan, Misty Mountain Tydsduur: 240 min Prys: R405 Moontlik gemaak deur Long Tom Toboggan en Misty Mountain se bestuur. Koop Kaartjies

Long Tom Toboggan-pretrit saam met Die Piesangskille Read More »

Scroll to Top