Innibos

Afrimat Openbare Gespreksreeks saam met Theo Venter

Fasiliteerders: Theo Venter, Kabous Meiring en Lourensa Eckard.

Kom luister na kenners en neem deel aan Afrimat se aktualiteisgesprekke. Brandpunt-sake rakende die ekonomie, gemeenskap, politiek en die land gaan onder die loep kom. Kom word wys, lug jou mening en gesels saam.

Donderdag: ‘n Uitgestelde begroting en lae ekonomiese groei. Hoe nou gemaak?

Met Kabous Meiring, Waldo Krugel en Theo Venter.

Vrydag: Kan daar sin gemaak word uit Trump en die Regering van Nasionale Eenheid?

Met Lourensa Eckard, Roland Henwood, Prince Mashele en Dawie Roodt.

Saterdag: Kan ‘n mens glo wat ons lees en kyk? Die era van valsnuus en sosiale media.

Met Theo Venter, De Wet Potgieter, Gert van der Westhuizen en Lourensa Eckard.

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Scroll to Top