fbpx

Innibos

’n Feesterrein wat kook!

Die Innibos-feesterrein by Bergvlam Hoërskool in Mbombela (Nelspruit) is vanaf 27 tot 30 Junie die besige hartklop van die fees. Of jy nou 5 of 85 jaar oud is, by dié feesterrein sal daar iets wees wat in jou smaak val!

Die Innibos Hoofverhoog bied soos elke jaar ‘n uitstekende konsert aan wat by die  hektoegang ingesluit is. Hier tree van die land se gewildste kunstenaars elke aand op.  Verwag om Bok van Blerk, Spoegwolf, Elvis Blue, Francois van Coke, Juanita du Plessis – om maar net ‘n paar te noem – op hierdie manjifieke verhoog te sien!  Die finale program sal vroeg in Maart bekendgemaak word.

Die Alternatief@Innibos-konsert op Saterdagaand in die KykNET tent gaan beslis ook weer baie gewild wees.

By die Boma-kuierteater word stukkies teater aangebied en by Spar Woelwaters word die kleingoed elke dag met  ’n propvol vermaakprogram besig gehou.

Die immergewilde Bosmôl is waar jy kan kyk en koop, en ietsie drink of eet in die piazza.Daar is ook, soos gewoonlik,  ’n wye verskeidenheid stalletjies met die heerlikste feeskos en drankies.  Die Wingerd Kuiertuin was in 2023  ’n baie gewilde nuwe toevoeging tot die Innibos feesterrein en gaan vanjaar sommer nóg lekkerder wees met heerlike wyn, fynproewerkos en stemmingsmusiek.

Bedags is daar verskeie verhoë op die feesterrein wat elke dag ’n propvol program met bekende en opkomende kunstenaars aanbied. Kyk uit vir die Nashua-verhoog, die Mopani-verhoog en die KykNET-verhoogprogramme wanneer ons dit in Mei bekendmaak.

Daar is vanjaar beslis ’n groot verskeidenheid vermaak op die feesterrein wat iets vir elke smaak bied. Kaartjies vir die feesterrein sal teen einde Maart aanlyn beskikbaar wees. Hou ons sosiale media platforms dop vir verdere inligting!

Scroll to Top