Innibos

Ommibos

Jou slimste (en GRATIS!) rit na Innibos!

Wil jy minder sukkel en meer jol? Ons sorg daarvoor! Stop-en-Hop is terug om jou moeiteloos, vinnig en verniet tussen I’langa Mall en die feesterrein te kry – sonder parkeerprobleme, stres of ‘n GPS wat jou in sirkels stuur!

Hoe werk dit?

  • Parkeer verniet by I’langa Mall – what a bargain!
  • Spring op ‘n bus – elke 30 minute ry ons jou reguit fees toe of terug na die mall toe – moeiteloos en sonder stres.
  • Na die Hoofverhoog-konserte? BAIE busse wag – want niemand hou van wag nie!
  • Volg die duidelike aanwysings by I’langa Mall en die feesterrein en BOEM – jy’s uitgesorteer.

Dis nou lekker – los die stres, los die kar, en spring op die Stop-en-Hop!

Bossewaens

Vermy die verkeer en ry sorgeloos tussen die feesterrein en jou produksies. TRAC se Bossewaens vervoer feesgangers vanaf die feesterrein na verskeie vertoningsvenues in Mbombela en weer terug.

Belangrike inligting:

• Vertrek vanaf Bossewaplein by Hek 1 van die feesterrein
• R40 per persoon retoer
• Beskikbaar vir geselekteerde produksies en venues
• Gerieflike vervoer sonder parkeer- en verkeersprobleme

Navrae: 082 321 5443

Let wel: ‘n Feesterreinkaartjie is nodig om van die Bossewa-diens gebruik te maak.

Vervoerdienste (Taxi-dienste)

Innibos bied slegs ’n platform vir die advertering van beskikbare taxidienste as ’n addisionele gerief vir feesgangers. Hierdie dienste word egter onafhanklik besit, bestuur en bedryf, en word nie noodwendig deur Innibos goedgekeur, aanbeveel of onderskryf nie. Innibos aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die lewering van die diens, veiligheid, beskikbaarheid, pryse of enige ooreenkomste wat tussen die diensverskaffer en die gebruiker gesluit word nie. Gebruik van sodanige dienste geskied geheel en al op eie risiko.  

Dial a Ride Nelspruit

Nelspruit Primary Parkering

Scroll to Top