Innibos

Kaapsehoop Boekenaweek

Kom luister, lees en kuier saam met die uitgelese skrywers op Kaapsehoop – vir ’n ganse naweek lank.

Die Innibos @ Kaapsehoop Boekenaweek is van 1 tot 3 September 2023. Van romans, digkuns en aktuele boeke en hul skrywers trek tydens dié naweek saam vir ’n boekprogram uit die boonste rakke op die skilderagtige Kaapsehoop. So, liewe leser, sorg dat jy daar is!

Boekbekendstellings en -praatjies, voorlesings en gesellige kuiers rondom die woord is Innibos se splinternuwe manier om boeke te vier.

Vir meer inligting, kontak Annemarie van der Walt by annemarie@innibos.co.za

Geborg deur ATKV

Scroll to Top