Innibos

Buskers

Die Innibosfees vloei tot binne-in i’langa Mall!

Vars by Innibos vanjaar is opwip-kunstenaars wat by die Innibos feesterrein by Hoërskool Bergvlam sowel as i’langa Mall gaan optree.

ʼn Verskeidenheid straatkunstenaars van AfrodizzyActs Entertainment gaan optree om ʼn feestelike atmosfeer te skep.

Daar gaan op stelte geloop word, jongleurs wat talle kegels en balle in die lug ingooi en vang sonder om dit te laat val, mimiekkunstenaars wat deur hulle gebarespel en lyftaal jou gaan laat skaterlag en ʼn geraamte gimnas wat sy lyf in ʼn knoop vou!

Dan gaan die lewende standbeelde jou ook laat wonder hoe hulle dit regkry om so sonder oogknip en beweging te staan totdat daar ʼn geldjie in die blik klingel.

Maak seker dat jy tydens die fees by die feesterrein en i’langa Mall ʼn draai maak om hierdie kunstenaars se toertjies te beleef. Jy sal stomgeslaan wees oor hierdie talent wat nog nooit in die Laeveld te sien was nie.

Scroll to Top