Kersfees sluip vinniger nader as wat jy wil erken, en hoewel jy dalk nog ‘n duisend dinge moet doen voor die feesseisoen aanbreek, gaan Innibos dit vir jou maklik maak. Want net soos julle, wonder ons ook wat om te koop vir daardie spesiale iemand wat reeds alles het.
Innibos het die antwoord vir ‘n perfekte WOW-faktor kersgeskenk-idee. Volgens Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van die Innibos Nasionale Kunstefees, is daar geen beter geskenk as ‘n WEEK-kaartjie vir 2025 se fees teen 2024 se prys van slegs R660 nie.
Volgens Jacobs is dit ‘n sakpas-idee wat jou ook tyd spaar,want kom ons wees eerlik, Innibos is net te lekker om te laat lê!
Wat kan dan nou lekkerder wees as om te weet jy verskaf iemand drie dae se pret-sonder-grense vanaf 3-5 Julie 2025, op die LEKKERste feesgronde in die land!
Jy kan verseker wees van toegang tot ‘n magdom stalletjies, musiekverhoë wat jou hart gaan laat sing, die Boma Kuierteater vir saam kuier en lag, Woelwaters vir die kleingoed, Die Wingerd Kuiertuin én ongelooflike aand vertonings met van Suid-Afrika se top kunstenaars.
“Dit is die geskenk wat blywende herinneringe skep en dit is veel meer waardevol as ’n gewone Kersgeskenk,” voeg Jacobs by.
Die 2024-pryse hou nie vir altyd nie, so gryp jou geskenkbewys nou teen R660 en gee die geskenk van vreugde, musiek en ongelooflike herinneringe!