fbpx

Innibos

Fiëstas 2025: Hier is die benoemdes

Kyknet Fiestas Innibos 2025

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was.

Innibos is trots om aan te kondig dat dié fees al vyf keer “Fees van die Jaar” by dié toekenningsgeleentheid gewen het.

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is.

Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in die veertien kategorieë bepaal. 

Innibos is in twee kategorië by die  kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 benoem:

BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKPRODUKSIE

Die Saterdagaand Legendes-konsert is ‘n hoogtepunt van die fees, saamgestel deur Deedee en Floors Oosthuizen onder leiding van Murray Lubbe. Met ‘n vol orkes, vuurwerke en top kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Willem Botha, Brendan Peyper, Emo Adams, Swing City en nog meer, was dit ’n skouspel om te onthou!

Die Musikale Meander was ’n unieke ervaring in die pragtige Sudwala-grotte met kunstenaars soos Zanta Hofmeyr, Stéfan Louw, Amira Willighagen en Charl du Plessis.

Volgens Sandra Jacobs, Direkteur by Innibos, wil sy graag vir almal hartlik gelukwens vir elke benoeming in die verskeie kategorië. “Dis voorwaar ‘n groot prestasie en maak ons trots.”  

Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid is op 27 Februarie by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad waar die wenners aangekondig gaan word.

Scroll to Top