fbpx

Innibos

Innibos bring die Fiëstas-toekenning huis toe vir Beste Buitelugkonsert

Innibos bring die Fiëstas-toekenning huis toe vir Beste Buitelugkonsert
Innibos bring die Fiëstas-toekenning huis toe vir Beste Buitelugkonsert

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is gisteraand, 27 Februarie, by die kykNET Fiëstas toekenningsgeleentheid by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad, vir die beste buitelugkonsert in die kategorie: Beste Kontemporêre Musiekgedrewe Produksie vir 2024, aangewys.

Innibos het twee nominasie gekry wat ook die Musikale Meander ingesluit het.

Volgens Sandra Jacobs, Direkteur by die fees, bars hul harte van trots vir die benoeming. “Die span werk baie hard agter die skerms om ‘n topgehalte fees op die been te bring.” 

Die Saterdagaand Buitelugkonsert is ‘n hoogtepunt van die fees, saamgestel deur Deedee en Floors Oosthuizen onder leiding van Murray Lubbe en Adelene Niehaus en beligtingsontwerp deur Johan Ferreira. Met ‘n vol orkes, vuurwerke en top kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Die Piesangskille, Willem Botha, Brendan Peyper, Emo Adams, Swing City en nog meer, was dit ’n skouspel om te aanskou!

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was. Volgens Sandra wil sy graag vir kykNET bedank wat erkenning gee vir uitstaande prestasie. “Hartlik geluk aan elkeen wat met ’n Fiësta-toekenning huis toe is.” 

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is.

Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in die veertien kategorieë bepaal. 

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is al vyf uit die agt keer wat die “Fees van die Jaar” – toekenning bestaan het, met die toekenning bekroon. “Dit is ‘n klinkklare bewys dat Innibos soveel meer as net ‘n musiekfees is, asook dat ons top gehalte produksies, boeke, stalletjies, musiek, kuns en kultuur vir ons feesgangers bied.

BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKPRODUKSIE

Scroll to Top