

Innibos is weer hier – en met die LEKKER-konsep wat vir die tweede jaar in werking tree, gaan dit net nóg beter wees! Hierdie LEKKER (en unieke) kuiertafel en bespreekte stoel-uitleg bring jou nader aan die kunstenaars, en jy kan saam met jou beste pelle of familie uitspan (daai vir wie jy lief is en saam met wie jy WIL kuier) uitspan, en saam die beste musiek geniet – sonder die gesukkel van kampstoele rondsleep of te wonder waar om jou drankie te sit.
Wil jy in styl kuier? Hier’s hoe:
KUIERTAFELS (6 mense per tafel)
- Spesiale area by die Hoofverhoog
- Toegang tot ‘n eksklusiewe kroeg en privaat badkamers
- Rookvrye sone vir ‘n gemaklike ervaring
Pryse per tafel (sluit NIE feesterrein hektoegang in NIE):
- Donderdag: Uitverkoop
- Vrydag: Uitverkoop
- Saterdag: Uitverkoop
BESPREEKTE STOELE
4 stoele per ry – dan hoef jy nie jou eie stoel rond te karwy nie!
Pryse per stoel (sluit NIE hektoegang in nie):
- Donderdag: R110
- Vrydag: R150
- Saterdag: R210
Onthou:
Kinders tot en met 12 jaar betaal nie feesterrein toegang nie, maar kinders ouer as 2 jaar benodig ‘n Kuiertafel- of Bespreekte Stoel-kaartjie.
Bespreek jou feesterreinkaartjies, kuiertafel of bespreekte stoel op TicketPro vanaf:Tjirp nuusbrieflesers (Early Birders): 26 Februarie
Alle ander feesgangers: 28 Februarie
Maak gereed vir dans en onvergeetlike herrinngering as jy SOMS sit!
