Innibos trek vanjaar ’n splinternuwe, funky baadjie aan om feesgangers nóg meer waarde vir hul geld te gee. Van musiek en kos tot vermaak en verrassings – daar is oral op die feesterrein iets ekstra om jou dag nog lekkerder te maak! Vier verskillende kuierplekke bied boonop gratis lekkerness aan – die kykNET-verhoog, Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin, die Arena-verhoog en die Laevelder Boma Kuierteater. Hier wag hope vermaak, topkunstenaars en ’n bederf van musiek, kos en lag op jou – alles sonder ekstra koste!
As deel van Innibos se 21ste verjaarsdagviering bly kaartjiepryse dieselfde as verlede jaar! Dit beteken jy kry nog meer waarde vir jou geld, veral as inflasie in gedagte gehou word. Die enigste inflasie wat jy by Innibos gaan beleef, is die inflasie van ekstra lekkerness wat op jou wag! Maak seker jy kry jou kaartjies vroegtydig en kom geniet die grootste fees van die jaar.
kykNET Country: Stewel vas en Gereed en maak gereed om jou biscuit te skud!!
Maak seker jy is gestewel en gespoor op Saterdag, 5 Julie 2025, vir die eerste kykNET Country-konsert op die feesterrein. Vanaf 16:00 gaan die kykNET-verhoog brul met die klanke van top country-kunstenaars soos Cordelia, Skemer, Franja du Plessis, Ruan Josh en Chris Else. Sit jou cowboyhoed op en kom skud jou biscuit!


Kuierverhoë – Bekendes en vars talente!
Of jy nou ’n aanhanger van gevestigde kunstenaars is of nuwe stemme wil ontdek, die kuierverhoë is waar dit gebeur!
Vars talent wat die land aan die praat het, sluit in: ONS, Fran Prins en Tamlyn Wessels – hulle bring ’n nuwe klank vol energie en siel. Bekendes wat hul slag gaan wys: Prop, Marno van der Merwe, Janie Bay en Jakkie Louw gaan sorg vir tye wat jy nie wil misloop nie.
Die Laevelder Boma-kuierteater bied iets vir almal se smaak!
Hiér word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan.
Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang). Feesgangers kan uitsien na bekendes soos Wynand van Vollenstee, Wian van den Berg, Hannon (HANNONS) – Beauty for you, Mel die Storieverteller, Matie van Graan, ATKV- Storievuur met Ricus Nel, Boet Pretorius en Innibos feesbestuurder, Andy Lubbe en nog ure se lekker saamskater, kuier en gesels.


Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin – Fynproewer se Paradys!
Vir diegene met ’n fyn smaak vir goeie kos en wyn, is die Wingerd Kuiertuin die plek om te wees. Hier gaan jy nie net smul aan die lekkerste disse nie, maar ook waardevolle kookwenke opdoen:
Chef Tiaan wys jou hoe om die perfekte kaasbord te pak en hoe om ’n braaibroodjie meesterlik te maak.
Marinda Engelbrecht deel haar geheime oor hoe geur, olie en souse jou disse na ’n volgende vlak neem.
Geniet die klanke van Bianca Blanc, Damian Beer, Len Muller en plaaslike sterre soos Thapelo Lekoane, Meisie en Wanda Zonke. Dis kos, wyn en musiek van uitstaande gehalte – pure lekkerness.
Meer as net musiek – kom lag jou slap!
Innibos bring vanjaar nog meer vermaak op die kuierverhoë – musiek is nie al wat jou gaan laat glimlag nie!
André die Skreeusnaakse Hipnotiseur – Hou jou dop, eerder Wees bedag, want jy mag dalk net gehipnotiseer word! Hy meng komedie, drama en hipnose vir ’n skaterlag-ervaring sonder gelyke.
Lag jou slap met Bibi – Daai Girl – Elke dag is daar ’n halfuur van pure komiese genot, waar Bibi met haar snaakse karakters en komediesketse die lagspiere gaan prikkel.

