fbpx

Innibos

Elvis Blue ry vanaf George na Innibos – op sy fiets!

In Junie hierdie jaar vertrek bekende sanger en liedjieskrywer Elvis Blue op die avontuur van ‘n leeftyd, met die oog daarop om jou aandag te trek!

Vanaf 1 Junie sal Elvis man alleen op sy fiets ry vanaf George tot in Nelspruit, waar die Innibos Kunstefees plaasvind – ‘n afstand van 1500 km – en hoekom? So sê Elvis: “Hoekom op aarde sal ek ry vanaf George na Nelspruit op ‘n fiets? Ek doen dit om jou aandag te kry! Net vir ‘n oomblik! En nou dat ek moontlik jou aandag het, kan ek jou vra dat ons saam iets betekenisvol doen in die lewens van kinders wat jou hulp nodig het. Ek weet nie van jou nie, maar ek weier om te leef in ‘n wereld waar kinders met leë magies moet skool toe gaan en iets probeer leer. Ek weier om net rond te sit met die wete dat daar kinders is wat nie die potlode, penne, boeke of selfs skoene het om skool toe met te gaan nie. Dat daar slimkoppe, sportsmanne en musiek maestros is wat nooit die geleentheid salhê om bo hulle omstandighede uit te rys nie. Dis wat ek wil hê ons saam moet aanspreek! Daar is so baie geraas en behoefte en hopeloosheid rondom ons, soms raak ons afgestomp daarvoor. En my hart raak ook seer wanneer ouers nie vir hulle kinders kan sorg nie, of wanneer ‘n kind se omstandighede net onmoontlik lyk. Al kan ek net vir ‘n paar doen wat ek wens ek vir duisende kon doen, dink ek dis nog steeds die moeite werd!”

Honger affekteer sowat 9.6 miljoen kinders in Suid Afrika daagliks. Voedsel-onsekerheid is gekoppel aan ‘n wye reeks onvoordelige nagevolge, insluitende sosiale- en gedragsprobleme en is gekoppel aan gesonheidstoestande soos verdwerging, swak konsentrasie en lae immuniteit. Suid Afrika het ook een van die mees ongelyke onderwysstelsels per wêreld, wat gebuk gaan onder swak of afwesige infrastruktuur, oorvol klaskamers en kroniese onderprestasie wat die toekoms van ons kinders en dus ons land in gedrang laat. Menige sosiale opnames wys ook dat ‘n tekort aan skryfbehoeftes en uniforms asook skoolgeld ‘n uiters nadelige uitwerking op skooldeelname het en veroorsaak dat ‘n hoër en hoër koers van kinders tussen 7 en 18 glad nie skool klaarmaak nie. Elvis, tesame met Innibos, Suid Afrika se gewildste fees, wil hierdie sake aanspreek met die “Elvis Blue ry vir Skoolgeld” toer. In vennootskap met Atterbury Trust, sal Elvis poog om fondse in te samel – asook ‘n lys ander behoeftes, om hoofsaaklik 2 liefdadigheidsorganisasies, een in George, en een in Nelspruit, te ondersteun. Beide Life Community Services in George en die Daantjie Orphan Project in Nelspruit spreek die fisiese en opvoedkundige behoeftes van minderbevoorregte kinders direk aan.

Elvis se roete vanaf George na Nelspruit loop soos volg:

DAG 1: George – Uniondale – 111.4km

DAG 2: Uniondale – Oppivlak – 103.5km

DAG 3 :Oppivlak – Graaff Reinett – 129.4km

DAG 4: Graaff Reinett – Middleburg – 140km

DAG 5: Middleburg – Venterstad – 133.4km

DAG 6: Venterstad – Smithfield – 112.3km

DAG 7: Smithfield – Hobhouse – 104.5km

DAG 8: Hobhouse – Ficksburg – 124.9km

DAG 9: Ficksburg – Bethlehem – 94.9km

DAG 10: Bethlehem – Vrede – 149.9km

DAG 11: Vrede – Morgenzon – 103.2km

DAG 12: Morgenzon – Badplaas – 138.7km

DAG 13: Badplaas – Nelspruit – 99.4km

Besighede en die publiek kan betrokke raak deur finansiële donasies of die skenk van nodige goedere. Die publiek kan ook ‘n vrywillige skenking maak wanneer jy jou Innibos kaartjie by Ticketpro koop, en via Elvis Blue se sosiale media. Alle finansiële donasies sal via die Atterbury Trust vir liefdadigheid geoudit en behartig word.

Meer inligting: Kona Brown – kona@elvisblue.co.za

Jy kan ook ñ bydrae maak! KLIK HIER OM ‘N BYDRAE TE MAAK

Jy kan ook die “QR Code Scan” om ñ bydrae te maak:

Scroll to Top