Innibos

Hannon (HANNONS) – Beauty for you

Hannon (HANNONS) - Beauty for you

Met Hannon Bothma 

Soms moet ons vir ander en onsself lag as dit by voorkoms kom. Dit is moeilik om objektief na jouself in die spieël te kyk en ander nie te oordeel as haar lipstiffie té pienk of haar hare té rooi is nie.

Die Glam Guru, Hannon Bothma, ken al die antwoorde wat hare, grimering en velsorg betref. Of jou hare soggens varsgespyker moet lyk of orkaanbestand moet bly teen die aanslae van die lewe, is Hannon die man met die goue hande en die kunstige tong.

Feesgangers kan gedurende die fees saam met die HANNONS Direkteure en Glam Guru Aanbieders, Hannon & Christine, by die stalletjie kom kuier vir persoonlike voorkomskonsultasies.

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Scroll to Top