Internet Sensasie
Met Mel die Storieverteller.
Mel die Storieverteller is ’n komediant en katliefhebber, maar op ons fone is sy ’n internet sensasie. In hierdie vertoning verklap sy wat sy regtig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Gehoorlede kan interessante stories, danspassies en ‘n lied of twee verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foonmaniere. Vars, oorspronklik en vrek snaaks.
Produksie Inligting
Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.
Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).