Innibos

Wian van den Berg - Sosiale media ster en magician!

Met Wian van den Berg.

Wian is ’n sosiale media-ster met die grootste getal volgelinge in die land: ’n hele 25 miljoen! Met sy magic tricks en illusies gaan hy jou asem wegslaan en in verwondering laat. Hy het al vermaak verskaf aan groot name soos Ernie Els, die Springbokke, Formula 1 drywer Estaban Ocon en Mr. Beast het selfs op een van sy video’s gereageer.

En vanjaar is hy by Innibos om sy kulkunsies spesiaal vir jou te kom doen.

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Scroll to Top