Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet. Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings, sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!
Similar Posts
Kom lag lekker saam by Toyota Innibos 2025
Kom lag lekker saam by Toyota Innibos 2025’n Fees vir jou lagspiere! By Toyota Innibos 2025 gaan dit oor een ding: LEKKER saam feesvier – en LEKKER saam lag! Die 21ste verjaarsdag van hierdie geliefde kultuurfees val saam met Afrikaans se eeufeesvieringe, en dis juis hoekom die program vanjaar propvol kwaliteit komedie is. Dis ’n…
Meesters: 100 Jaar van Pinotage en Afrikaans – ‘n Viering van Taal, Kultuur en Uitmuntende Wyne
Meesters: 100 Jaar van Pinotage en Afrikaans – ‘n Viering van Taal, Kultuur en Uitmuntende Wyne NELSPRUIT – Die Pinotage Assosiasie, in samewerking met Toyota Innibos en Komati Group Holdings (Pty) Ltd., nooi feesgangers hartlik uit na ‘n uitsonderlike kultuur- en wyngeleentheid: Meesters: 100 Jaar van Pinotage en Afrikaans. Dít word aangebied deur die bekende…
Musiekteater gaan jou oorrompel by Innibos
Vanjaar bied Inibos musiekteater aan met van langpadtroebadoers, ’n skouspel in die Sudwala-grotte en ’n boy band soos van ouds tot van die beste sangers en akteurs vir woord en lied op die verhoog. Indien jy verkies om jou musiek opgedis te kry in kleiner maat en in ’n knus omgewing, is Nataniël se vertoning…
Toyota Innibos exhibition showcases the evolution of South African craft
Come and experience the changing landscape of South African craft at Tradition Transformed. This showcase of contemporary design, one of the first events at this year’s Innibos Lowveld National Arts Festival, opens in Mbombela on Tuesday, June 30. The exhibition features 30 works that show how traditional craft has evolved into an art and design…
Toyota Innibos het ’n nuwe webwerf, ’n nuwe begin en ’n fees vol onvergeetlike oomblikke!
Innibos slaan ’n nuwe blaadjie om! Met ’n splinternuwe webwerf en ’n opwindende tema vir 2027 is ons reg om nóg meer onvergeetlike oomblikke saam met feesgangers te skep. Ons nuwe webwerf, innibos.co.za is vars, gebruikersvriendelik en propvol alles wat jy nodig het om jou Innibos-ervaring te beplan. Van programme en kaartjieverkope tot spesiale aanbiedings…
KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming
KUNS GROEPUITSTALLING: Tuiskoms/Homecoming Opening: Dinsdag 2 Julie 2025 om 18:00 der LUR L Mabuza Galery-ure: Daagliks tussen 10:00 en 17:00 Begeleide Rondleiding: 12:00 en 15:00 daagliks Venue: Innibos Kunsgalery by die Bergvlam Hoërskool Restaurant Deelnemende kunstenaars: Reuben Mpangane, Erica Schoeman, Odette Saayman, Mariana Zwaan-de Bruin, Winston Thekiso, Bob Mnisi, Ingrid Uys, Wendy Sippel, Lisa Tristram,…
