Ek vra ook maar net?
Met Wynand van Vollenstee.
Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese komedie met Wynand van Vollenstee, spreek hy al die dinge aan wat hom nog altyd uit die slaap hou. Skreeusnaakse karakters probeer antwoorde kry op hierdie “dieper vrae” van die lewe – met komiese gevolge.
Produksie Inligting
Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.
Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).