fbpx

Innibos

Uitsoekprodukte en kos van topgehalte by die Bosmôl!

Elke jaar word die gronde by Bergvlam Hoërskool omskep in ʼn feestelike terrein waar feesgangers na hartelus hulle kooplus kan bevredig.

Vanjaar is die Bosmôl en piazza net die plek om te wees. Daar is ʼn magdom van nuwe uitstallers wat nog nooit voorheen by die fees was nie. Uitgesoekte produkte van reg oor die land gaan uitgestal word. Baie is produkte wat nie in gewone winkels beskikbaar is nie en hierdie is dus ʼn een-keer-ʼn-jaar-geleentheid. Pragtige leerartikels, klerasie, skoene en unieke juwele gaan te koop wees. En natuurlik is daar ook baie vir die manne: van braaigereedskap tot lekker funky T-hemde (en alles tussen-in!)

Die kosstalletjies is van topgehalte – kom verlustig jouself in die groot verskeidenheid smake wat behoorlik in jou mond gaan ontplof!

Sit sommer ’n hele dag op jou feesprogram opsy om deur die 250 stalletjies te snuffel vir daardie unieke geskenk of self-bederfie! Hier kan jy na hartelus kom kuier, koop en kyk!

 

 

 

 

Scroll to Top