fbpx

Innibos

MAAK JOU EIE SKILDERY IN SKILDER EN WYN BY DIE TOYOTA INNIBOS OP 4 EN 5 JULIE 2025

Kom maak jou eie skildery terwyl jy lekker fees hou by die Innibos Kunstefees en al die wonderlike teaterproduksies geniet.   SKILDER EN WYN met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh word by die Fleur de Lis Restaurant by die Nelspruit Hoërskool aangebied op 4 en 5 Julie elke oggend om 09:00.  Besprekings kan gedoen word by www.ticketpro.co.za of 011 815 3000.  Direkte skakel: https://www.innibos.co.za/skilder-en-wyn/


Die produksie word aangebied met die trotse ondersteuning Afrikaans100, Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lift Airlines, Mobilis Auto, RSG, Van Loveren Wyne en WS Pianos.

Jou gasvrou is Hannelie Swart, ‘n kunstenaar in eie reg met ‘n Meestersgraad in Visuele Kunste en word bygestaan deur die aktrise, Ana van Achterbergh. Hannelie is ook bekend vir haar kuns as heling-sessies (kunsterapie) en is ‘n kenner op die gebied waar die onderbewuste ontdek word vir self-verryking en self-kennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie Van Loveren-wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ‘n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of kunsopleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses vat.

Hannelie sê dat sy Alice van ALICE IN WONDERLAND gebruik het as metafoor om die  “self” en “identiteit” te ondersoek in haar Meestersgraad in die Visuele Kunste.  “My vraag was watter self is ek en wanneer”, sê Swart.  “Dit gaan hoofsaaklik daaroor dat self en identiteit verward raak in die samelewing tans grootliks as gevolg van die verskillende rolle wat ons speel op sosiale media platforms, of die verskilldende maskers wat ons op sit.  So in hierdie werkswinkels gaan delf ons bietjie in die onderbewuste, waar die  fokus op die proses is  tot en met die eindproduk wat dan ’n skildery is”

Hannelie glo vas aan die helende aspek van kuns.  “As jy jouself wil bederf met tyd en kreatiwiteit moet jy kom bywoon, ook omdat  jy deur die interaksie met verf jou self tyd gee vir self-kennis , self-verryking,  en in aanraking met jou onderbewuste, en ‘n bewustheid van wie jy is” . Swart sê die proses is baie belangriker as die eindproduk .  “Ek begin eers met ‘n oefening om die kreatiwiteit aan te skakel en dan sal daar riglyne wees oor ‘n tema wat ons gaan skilder.  Maar ons werk heeltemal outomaties wat beteken ek gebruik tegnieke en ons mors lekker met verf, waar ons vanuit die onderbewuste merke op die doek maak met ink en verf en van daar oorgaan na die tema. Elkeen se kunswerk is uniek. So in my werkswinkels gee ek nie een prentjie en almal skilder dit na nie.   Ons eksperimenteer lekker met die ink en verf, gesels lekker en natuurlik is daar ’n glasie wyn vir die wat dit wil geniet in ‘n  ontspanne en rustig atmosfeer. Wyn kry mos die kreatiewe denke aan die gang.”

Alle kunsmateriaal en wyn sal voorsien word en is ingesluit in jou fooi. Jy gaan hierdie opwindende sessie verlaat met jou eie A3 skildery. Wat ‘n beter manier om die KKNK 2025 te onthou. Bespreek vinning want die Skilder en Wyn-sessie word beperk tot net 25 persone per klas. Die sessie sal drie ure neem.

 

UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEER INLIGTING/ MEDIA ONDERHOUDE/ FOTO’S
CHARL SENEKAL: 0118153000, 061 616 6138 of admin@lefra.com

Scroll to Top