Komati Fruit Plaasbesoek @ Crocodile River Estates
Met Tyrone de Bruin en Jarik Jansen.
Kom beleef die pragtige Laeveld saam met ons op die Komati Fruit Plaasbesoek. Kom verken die sitrusboorde agter op ʼn trekker-waentjie en geniet die ervaring om vir jouself ’n kilogram topgehalte sagte sitrus te pluk. Jy gaan eerstehands ervaar hoe sitrus verpak en verwerk word vir die uitvoer en lokale mark. Jou kennis en smaakknoppies gaan geprikkel word met interessante feite en ’n oestafel wat gedek is met al Komati Fruit se uitvoergehalte kommoditeite en variteite.
Die plaasbesoek word afgesluit op die rivieroewer met ʼn heerlike gin-proe wat van die einste sitrusvrugte gemaak is. Dit is ’n Laeveld lekkerte wat nie misgeloop mag word nie!
Produksie Inligting
Gradering: Geen o/18
Venue: Komati Fruit Crocodile River Estates Kantore (Volg die pindrop na Crocodile RiverEstates, net voordat jy die pakhuis aan jou linkerkant sien, is die kantoor aan jou regterkant, die plaasbesoek-toer begin van hier af.)
Tydsduur: 180 min
Prys: R250
’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur Komati Group Holdings (Pty) Ltd.