Innibos Kunsuitstalling - Daar is Afrikaans in my tee
Uitstalling deur Jak de Priester
Koppieteefontein is die hoog suksesvolle onderhoudsprogram aangebied deur sanger, liedjieskrywer Jak de Priester en reeds in die 7e seisoen op kykNET. Wat die program ekstra spesiaal maak, is die unieke teepotte wat Jak vir sy gaste gee as eerbewys vir hulle enorme bydrae tot Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kultuur. Die teepot word die simbool van vooruitstrewendheid en kreatiwiteit. Dit is ’n kunswerk op sigself. Jak de Priester bring ’n uitstalling met 100 unieke teepotte na die fees wat die 100 jaar van Afrikaans vier. Dit sal die grootste en enigste teepot-uitstalling wees – eksklusief by Innibos. Elke teepot is uniek geskep deur die kreatiewe Jak de Priester wat self die kunswerke gedoen het. Hierdie besondere teepotte is te koop. Kom kies jou teepot uit die versameling en gryp die geleentheid aan om iets moois en kosbaar te kry wat jy vir nageslagte kan bewaar. Jou eie stukkie Afrikana.
Meer Inligting
Plek: Innibos Feesterrein – Bergvlam Hoërskool Restaurant
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.