fbpx

Innibos

Innibos hoofverhoog kunstenaarbekendstelling Dis GROOT, dis LOUD, dis LEKKER!

Maak reg vir ’n Innibosfees só lekker, selfs jou groottoon gaan ’n sokkie wil gooi! Innibos 2025 is hier om jou te laat bons, skree, skater en saamsing tot jou stembande ingee!

Drie aande van pure musiekmagic wag op jou en as jy dit mis, gaan jy jouself vir ewig daaroor byt. Dis aksie, dis energie, en dis net LEKKERNESS! Bring jou pelle, hope gees en jou beste dansskoene – dié een is nie vir flou mense nie!

Hierdie jaar is ekstra spesiaal, want ons vier ’n eeu van die Afrikaanse taal en ons hart klop warm vir dié mylpaal! Daarby vier ons Innibos se 21ste verjaarsdag – ons fees is mondig! En asof dit nie genoeg is nie, vereer ons ’n ware ikoon van Afrikaanse musiek: Kurt Darren, vir sy groot impak op die musiekbedryf. Drie massiewe redes om hierdie grootste Innibos nóg saam met ons te kom vier! Lekkerness tot die mag drie! En dis net HIER waar Innibos jou stukkend bederf: ons hou die kaartjiepryse presies dieselfde as verlede jaar. Geen verhogings, geen ekstra sente tel, net LEKKERTE.

Wat is ’n fees sonder ’n behoorlike afskop? Die Huisgenoot Afskopkonsert op Donderdag, 3 Julie 2025 is hier om die partytjie aan die gang te sit met ’n moewiese lekke-lineup. Van die hoogtepunte sluit in: Appel, Chris Steyn, Droomsindroom, Eloff, Francois van Coke, Jay, Karlien van Jaarsveld en Lianie May – en saam daarmee, dalk ’n verrassing of twee. Die energieke Hamilton Wessels sal as seremoniemeester die skare aanhits en verseker dat die aand ’n onvergeetlike een is. Hierdie konsert begin om 18:00 en word geborg deur Huisgenoot. Toegang beloop R210 per persoon. Maak jou keel nat, want die partytjiekoors begin HÍÉR!

Daar’s net een manier om Vrydag, 4 Julie, reg te begin. En dis met die Jacaranda FM Konsert waar ’n solid klomp musieksterre die verhoog aan die brand gaan sing! Hoogtepunte sluit in: Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Martin Bester, Robbie Wessels en Ruhan du Toit. Hierdie sangers saam met so ’n paar ander, gaan sorg vir ’n musikale ervaring soos min. Hierdie konsert, wat om 18:00 begin, word geborg deur Jacaranda FM en toegang kos R260. Dis ’n Vrydag wat gaan hoog vlieg, so reageer op jou FOMO en kom!

As jy nog voete oor het na Donderdag en Vrydag (respek!), is die kykNET Konsert op Saterdag, 5 Julie 2025 hier om jou finaal van jou voete af te laat dans! Corlea Botha, Demi Lee Moore, Die Piesangskille, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Kurt Darren, Refentse, Ricus Nel, Snotkop, Van Pletzen en Zaan Sonnekus bring hul ongekende talent na die verhoog. Hier kan jy ook dalk nog ’n verrassing of twee verwag ter viering van Innibos se 21ste verjaarsdag!

En omdat ons weet dat kultuur nie net in ons musiek lê nie, maar ook in die groen en goud, sê ons dankie aan kykNet wat dit moontlik maak dat die Springbokke se wedstryd teen Italië regstreeks op die groot skerm van die hoofverhoog uitgesaai gaan word! 

Kom skree jou longe uit, vier elke drie, en spring direk daarna weer in jou dansskoene in – want hier by Innibos vier ons AL die lekker goed in die lewe!

Na afloop van die rugby begin die konsert om 19:00. Toegang beloop R310. Dis ’n Saturday Night Fever soos nog nooit tevore nie! Dis ’n steel vir soveel LEKKERNESS!

Wenk: Kry eerder ’n weekkaartjie vir slegs R660. Seniors bo 60 betaal slegs R160 per dag – vir enige dag, terwyl kinders onder 12 heeltemal gratis toegang kry. Parkering kos R200 per dag, en as jy in ’n groep van meer as 21 mense bespreek (ja, want ons word 21) kry julle gratis busparkering!

Wil jy ’n VIP wees en op ’n spesiale plek sit vir hierdie spesiale okkasie? Geen probleem!

Hierdie jaar bring ons ’n heel nuwe uitleg vir die fees! Die kuiertafels en bespreekte sitplekke is reg teen die verhoog se ramp af – ’n eerste vir Innibos! 

Jy gaan dus nader aan die aksie wees as ooit tevore. Kuiertafels vir ses mense is beskikbaar teen R660 op Donderdag, R960 op Vrydag en R1 260 op Saterdag – dit sluit egter nie hektoegang in nie. As jy ’n bespreekte sitplek verkies, is dit R110 vir Donderdag, R150 vir Vrydag en R210 vir Saterdag.

Kaartjies te koop vanaf 28 Februarie op Ticketpro! Tjirp nuusbrief lesers geniet Early Bird aanbiedinge om al vanaf 26 Februarie feeskaartjies en kuiertafels te koop. Nog nie ’n Tjirplid nie? Teken in op ons webtuiste om vir vooraf kaartjies te kan koop. Moenie slaap nie – hierdie een gaan vinnig uitverkoop! 

Dis meer as net ’n fees – dis ’n belewenis. Bring jou pelle, pak jou feesgees en wees net lekke. En as dít nie waarde vir geld is nie, weet ons nie wat is nie!

Innibos 2025: Waar lekkerness ’n nuwe betekenis kry!

Scroll to Top