Innibos

Kom proe saam by Die Wingerd

Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet.  Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op  die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings,  sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!

Scroll to Top