Innibos

Innibos 2024 gaan behoorlik kóók!

Innibos het net die resep om ’n storm los te kook in 2024 wanneer ons van 27 tot 30 Junie gaan fees in die Laeveld.

Enige wenresep kort altyd net die beste bestanddele, en soos altyd gaan ons jou kunstefees geur met van die beste musiek, dramas wat jou laat nadink, komedies om die humor in die lewe te vier en leefstylaanbiedings wat jou kreatiwiteit gaan prikkel.

Daar sal ook oor boeke gepraat word, en soos altyd uitsoekstalletjies op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam waar jy van die beste en grootste verskeidenheid handgemaakte produkte sal kry.

Stel jou eie feesspyskaart saam en geur dit na smaak – dit is wat Innibos so gesellig maak!

Sien jou daar van 27 tot 30 Junie 2024. Omkring die datum nou reeds, en moenie die geheime bestanddeel van die wenresep vergeet nie … JY!

Scroll to Top