fbpx

Innibos

Kom ons help die kunste deur die mense in die kunstebedryf te help!

Die Teater Bystand Fonds bestaan sedert 1962 en help en bedien as gratis hulpfonds en bedien ELKE  beroep in die Uitvoerende Kunste in Suid Afrika: Radio, TV, Teater, Rolprentbedryf sowel as ander “lewendige optredes” – van die skoonmaak personeel, sekuriteit, administratief, logistiek , tegnies, verskaffers tot die kreatiewe personeel. Dit beslaan sowat 6.5 miljoen mense. Die TBF is ʼn geregistreerde Openbare Welwillendheid Organisasie met 18A belasting aftrekking. Die TBF se bestuur werk almal gratis; sonder enige maatskappy kantore, toerusting of uitgawes – en alle fondse wat geskenk word, gaan direk aan verdienstelike begunstigdes wat te oud of te siek is om te werk. Die TBF bestaan slegs uit donasies van die publiek en ontvang geen regerings of korporatiewe fondse nie. Die TBF se finansiële state is ten volle beskikbaar en die organisasie word jaarliks geoudit deur SARS, die Wet op Welwillendheidsorganisasies en onafhanklike ouditeurs. Besoek gerus ons webwerf by: tbfsa.co.za vir volledige inligting. 

Jou bydrae is die applous wat lewens red.

Scroll to Top