Innibos

ATKV- Storiekrôl

ATKV- Storiekrôl

Met Marlene du Toit en Wendy Byneveldt

Daar is ‘n hele storiedorp om te ontdek by Woelwaters wat gaan sorg vir die grootste boeke-pret ooit. Die kleingoed gaan saam met Feetjie Fuchia na drie storiehuise krôl om na verskillende lekker-voorlees-stories te luister. Elke aandoenplek word in ‘n fantasiewêreld omskep om by die spesifieke boek te pas en sal die kinders se verbeelding aangryp. Daar is min dinge wat betower soos ‘n regte egte storie. Boeke maak slim , en slim ouers weet dit. Daar gaan ook klein bederfies wees wat die kleinspan in hulle goeters-sakkie kan plaas. Die Storiekrôl word deur die ATKV geborg en beloof ʼn besondere ervaring vir die kleinspan te wees.

Produksie Inligting

Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.

Scroll to Top