Innibos

Musiek

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin Vir die fynproewer is daar hierdie area spesiaal met lekker wyn, lekker kos, lekker musiek en lekker aktiwiteite. Kom kry wenke by Chef Tiaan hoe om ʼn kaasbord te pak, leer meer van pasta en hoe om ʼn braaibroodjie te maak. Marinda Engelbrecht gaan jou wys hoe om geur in jou kos te sit en hoe om olie en souse in geregte te gebruik. Musiek van uitstaande gehalte gaan hier met lekkerness voorgesit word. Kom luister na sangers soos Bianca Blanc, Damian Beer, Len Muller asook uitsonderlike plaaslike talent soos Thapelo Lekoane, Meisie en Wanda Zonke.

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin Read More »

kykNET Konsert

Saterdag Feesterrein en Kyknet Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Saterdag 5de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die kykNET -konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele. Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie. Lys van kunstenaars: Corlea Botha, Demi Lee Moore, Nádine, Die Piesangskille, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Kurt Darren, Refentse, Ricus Nel, Snotkop, Van Pletzen en Zaan Sonnekus. Geen Ouderdomsbeperking Koop Kaartjie

kykNET Konsert Read More »

JacarandaFM Konsert

Vrydag Feesterrein en JacarandaFM Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Vrydag 4de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die JacarandaFM-konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele. Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie. Lys van kunstenaars: Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Ruan du Toit, Robbie Wessels, Martin Bester. Geen Ouderdomsbeperking Koop Kaartjie

JacarandaFM Konsert Read More »

Huisgenoot Afskopkonsert

Donderdag Feesterrein en Huisgenoot Afskopkonsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Donderdag 3de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die Huisgenoot Afskopkonsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele. Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie. Lys van kunstenaars: Appel, Chris Steyn, Droomsindroom, Eloff, Francois van Coke, Jay, Karlien van Jaarsveld, Lianie May, Dirk van der Westhuizen en Hamilton Wessels. Geen Ouderdomsbeperking Koop Kaartjie

Huisgenoot Afskopkonsert Read More »

kykNET Country

kykNET Country Maak seker jy kom gestewel en gespoor op Saterdag, 5 Julie 2025 na die feesterrein, want Innibos het vanjaar vir die eerste keer ʼn kykNET Country Konsert. Hierdie hie-ha lekkerte vind plaas op die kykNET-verhoog en begin om 16:00. Kom skoffel saam met Country sangers soos Cordelia, Skemer, Franja du Plessis, Ruan Josh en Chris Else.

kykNET Country Read More »

Loof Hom Innibos

Loof Hom Innibos Met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Innibos sluit die fees op ‘n gepaste wyse af en almal word hartlik uitgenooi om te kom deel in die danksegging en lofprysing saam met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Hierdie is ʼn GRATIS konsert, maar daar word kollekte na die tyd opgeneem vir Sinani, ’n nie-winsgewende organisasie wat na weeskinders omsien en veilige hawens vir hierdie weerloses in ons gemeenskap skep. Feesgangers word versoek om ‘n bydrae te maak vir hierdie goeie doel en om sodoende vir Sinani te help om ’n verskil te maak. Kom loof en prys Hom by Innibos! Produksie Inligting Gradering: Gesin Venue: Church Unlimited Tydsduur: 120 min Prys: GRATIS

Loof Hom Innibos Read More »

Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer.

Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer. Kontemporêr Met Ricus de Beer, Ryno Velvet , Regardt Scheepers. Die produksie, wat gelei word deur die Radioraps- en Ryno Velvet- kampe is enig in sy soort. Rikus, bekend as Johnathan van Radioraps het na ‘n 2 jaar blaaskansie besluit om weer op die planke te verken, maar dié keer met ‘n twist. Hierdie keer is hy nie Jonathan van Radioraps nie, maar homself, Rikus. Hy was nog altyd ‘n groot aanhanger van Ryno Velvet. Na hulle ontmoeting en op die jaar waar hulle al twee 40 word, het hulle besluit om kragte saam te snoer en ‘n produksie op die planke te bring wat stories uit Rikus se perspektief vertel, sowel as die 9 liedjies wat op die album, Nou toer ons, verskyn. Bekende parodieë en ou classics van Ryno en Rikus, sowel as ‘n paar verrassings wat nog nooit gehoor is nie, maak deel uit van die vertoning. Heeltemal uniek en enig in sy soort. Hierdie vertoning het ‘n ouderdomsbeperk van 16 en is net vir lekker mense. Produksie Inligting Gradering: Gesin Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Tydsduur: 90 min Prys: R305 Koop Kaartjies

Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer. Read More »

Gé Sing – Hoor my lied

Gé Sing – Hoor my lied Kontemporêr Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word met hierdie huldeblyk-produksie gevier. Oudiovisuele argiefmateriaal word teen ’n skerm geprojekteer om die gehoor ’n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte in Gé Korsten as kunstenaar, mens en pa te bied. Sy musikale nalatenskap word op ’n vars wyse deur vier van die land se voorste kunstenaars geïnterpreteer. ’n Vol orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker begelei die viermanskap. Produksie Inligting Gradering: Gesin Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Tydsduur: 120 min (sluit pouse in) Prys: R295 Koop Kaartjies

Gé Sing – Hoor my lied Read More »

Jak de Priester in Maanligfontein

Jak de Priester in Maanligfontein Kontemporêr Met Jak de Priester Dit is die jaar 2025 en Jak de Priester vier sy 23e jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ook Afrikaans se 100 jaar vieringe as amptelike taal. Jak de Priester het in sy pad as sanger al ’n paar treffers geskryf … Elkeen van sy liedjies vertel die storie van ekstase, verlange en romanse. Soms komies, soms hartseer. ’n Nuwe show met al die bestanddele van ’n aand by die bioskoop. Kom vier Afrikaans se amptelike 100 jaar saam met Jak de Priester in Maanligfontein. Produksie Inligting Musiekregie: Jak de Priester Gradering: Gesin Venue: Seunskoshuissaal Nelspruit Hoërskool Tydsduur: 90 min Prys: R195 Koop Kaartjies

Jak de Priester in Maanligfontein Read More »

Scroll to Top