Innibos

Musiek

Trou

Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by een, of dit nou zef, styf, kitsch of rêrig rof was – troues is die broeiplek vir tradisies, nuwe liefdes en familielede se grootse skandes. Dis natuurlik die geleentheid waar ons sien of geld styl kan koop of nie. Mel deel humoristiese staaltjies vanuit haar eie trou- en wittebroodalbum en Corlea sing ’n paar bruilof-gunstelinge. Moet asseblief net nie ’n Tant Koek se Hoenderhaan verwag nie. Verwag wel ’n paar verrassings en ’n lekker interaksie tussen die twee vroue met sterk opinies oor gastelyste, dekor en spanks. Produksie Inligting Musiekregie: Corlea Botha Gradering: Gesin Venue: Seunskoshuissaal Nelspruit Hoërskool Tydsduur: 70 min Prys: R195 Koop Kaartjies

Trou Read More »

Opera – Tango

Opera – Tango Klassiek / Opera Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble. Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van klank en emosie. Met Zanne se ryk, besonderse stem en die uitmuntende begeleiding van Albie op die klavier, word die gehoor meegesleur deur die mees ikoniese opera-arias en vurige Spaanse Zarzuela-arias. Zanne is bekend vir haar sielvolle en passievolle vertolkings. In arias soos Lascia ch’io Pianga en Come Scoglio word die emosionele intensiteit van elke noot en elke woord oorgedra. Albie se klavierspel is terselfdertyd delikaat en kragtig – ’n getuienis van sy merkwaardige kunstenaarskap. Die konsert bereik ’n hoogtepunt met die die Milonga uit Astor Piazzolla se tango-opera Maria de Buenos Aires. Opera-Tango is ’n magiese musikale reis gevul met die diepe skoonheid van klassieke musiek. Produksie Inligting Musiekregie: Albie van Schalkwyk en Zanne Stapelberg Gradering: Gesin Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Centre Tydsduur: 75 min Prys: R195 Koop Kaartjies

Opera – Tango Read More »

Scroll to Top