Innibos

Leefstyl

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin Vir die fynproewer is daar hierdie area spesiaal met lekker wyn, lekker kos, lekker musiek en lekker aktiwiteite. Kom kry wenke by Chef Tiaan hoe om ʼn kaasbord te pak, leer meer van pasta en hoe om ʼn braaibroodjie te maak. Marinda Engelbrecht gaan jou wys hoe om geur in jou kos te sit en hoe om olie en souse in geregte te gebruik. Musiek van uitstaande gehalte gaan hier met lekkerness voorgesit word. Kom luister na sangers soos Bianca Blanc, Damian Beer, Len Muller asook uitsonderlike plaaslike talent soos Thapelo Lekoane, Meisie en Wanda Zonke.

Everest Wealth-verhoog by die Wingerd Kuiertuin Read More »

’n Langtafel-ervaring, iewers in die laeveld vir die kieskeurige fynproewer.

’n Langtafel-ervaring, iewers in die laeveld vir die kieskeurige fynproewer. Wo 2 Julie 16:00 – 23:00 Kontakpersoon: Lizette Gerber (084 406 6861) Word weggevoer na ’n unieke, geheimsinnige leefstyl ervaring in ’n semi-formele atmosfeer waar die natuurskoon van die Laeveld jou begroet. ’n Sewegang-maaltyd met lewendige kontemporêre agtergrondmusiek en goeie geselskap rond die spyskaart vir ’n onvergeetlike aand af. Kom deel in ’n kulinêre koservaring soos nét die Laeveld en sy mense dit met styl en finesse kan bedien. Bespreek Nou Produksie Inligting Venue: Onbekende Laeveld bestemming Koste: R2450 / pp Sluit vervoer, ete en water in. Bespreek: www.laeveldlangtafel.co.za  E-pos: bookings@laeveldlangtafel.co.za [elektroniese betalings] Facebook: Laeveld Langtafel . Instagram: @laeveldlangtafel

’n Langtafel-ervaring, iewers in die laeveld vir die kieskeurige fynproewer. Read More »

Komati Fruit Plaasbesoek @ Crocodile River Estates

Komati Fruit Plaasbesoek @ Crocodile River Estates Met Tyrone de Bruin en Jarik Jansen. Kom beleef die pragtige Laeveld saam met ons op die Komati Fruit Plaasbesoek. Kom verken die sitrusboorde agter op ʼn trekker-waentjie en geniet die ervaring om vir jouself ’n kilogram topgehalte sagte sitrus te pluk. Jy gaan eerstehands ervaar hoe sitrus verpak en verwerk word vir die uitvoer en lokale mark. Jou kennis en smaakknoppies gaan geprikkel word met interessante feite en ’n oestafel wat gedek is met al Komati Fruit se uitvoergehalte kommoditeite en variteite. Die plaasbesoek word afgesluit op die rivieroewer met ʼn heerlike gin-proe wat van die einste sitrusvrugte gemaak is. Dit is ’n Laeveld lekkerte wat nie misgeloop mag word nie! Produksie Inligting Gradering: Geen o/18 Venue: Komati Fruit Crocodile River Estates Kantore (Volg die pindrop na Crocodile RiverEstates, net voordat jy die pakhuis aan jou linkerkant sien, is die kantoor aan jou regterkant, die plaasbesoek-toer begin van hier af.) Tydsduur: 180 min Prys: R250 ’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur Komati Group Holdings (Pty) Ltd. Koop Kaartjies Koop Kaartjies

Komati Fruit Plaasbesoek @ Crocodile River Estates Read More »

Skilder en Wyn

Skilder en Wyn Met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh. Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees hou by Innibos. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of opleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Sy word bygestaan deur Ana van Achterbergh. Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys. Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hulle eie A3-grootte skildery. ’n Perfekte manier om Innibos 2025 te onthou. Produksie Inligting Gradering: Volwassenes Venue: Fleur de Lis-restaurant @ Nelspruit Hoërskool Tydsduur: 180 min Prys: R750 Koop Kaartjies Koop Kaartjies

Skilder en Wyn Read More »

Meesters: 100 jaar van Pinotage en Afrikaans

Meesters: 100 jaar van Pinotage en Afrikaans Met  Christo Snyman, Johan Rademan en wynmaker Beyers Truter Kom proe en beleef saam met wêreldkampioenwynmaker, Beyers Truter, die pad wat die eg Suid Afrikaanse kultivar, Pinotage, deur ’n eeu gestap het. Ons eer Abraham Izak Perold, die vader van nalatingskap. Pinotage, se Kom luister hoe Johan Rademan meesters soos Van Wyk Louw, Opperman, Aucamp, Watermeyer en Boerneef se gedigte afstof om Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Christo Snyman bring met sang en kitaar hulde aan van Afrikaans se voorste musiek-en liriek-skrywers soos Koos du Plessis, David Kramer, Anton Goosen en ’n paar spesiale verrassings. Feesgangers gaan verskeie wyne proe. Verhale, gedigte, musiek, wyn en samesyn, gesondheid! Produksie Inligting Regie: Johan Rademan Gradering: Gesin Venue: Seunskoshuis-eetsaal @ Nelspruit Hoërskool Tydsduur: 120 min Prys: R205 ’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur Komati Group Holdings (Pty) Ltd, in samewerking met die Pinotage Assosiasie. Koop Kaartjies Koop Kaartjies

Meesters: 100 jaar van Pinotage en Afrikaans Read More »

Scroll to Top